Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbos Ridge

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 68 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.0
Veiligheid
4.4
Emre R
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Beautiful stay. Was really lovely and beautiful area.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melissa B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2023

Dit was 'n great vakansie gewees en die mense so vriendelik. Huisie is pragtig. Ons gaan beslis weer soontoe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan V
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Apr 2023

Pragtige uitsig oor see en lekker kuier op Gholfbaan. Netjiese, skoon en veilige byplek vir 4 mense. Buitebraai sowel as binnebraai, goed toegeruste wooneenheid op die Fynbos Gholfbaan.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jan 2024

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Stewart H
1 nag Saam met vriende
3.4
Apr 2024

Mooi skoon en stil toe ons daar kom, maar dinge het baie vinnig verander. Inklok is om 14:00. Ek het met 3 sms'e en 2 keer per e-pos gekontak om mooi te vra of ons dalk 12:00 kan inklok omdat ons van ver af reis en 'n lekker lang middag wil rus, vroeg inkruip en dan vroeg die volgende oggend in die pad wil val. Nie een antwoord gekry nie. Lees gerus vorige resensies, veral waar mense praat oor groepe mense. Toe ek hierdie bespreking gemaak het was al die kamers nog beskikbaar (soos in, die hele plek) en dit vir dae in die toekoms. Die dag voor ons gery het, het dit nog gelyk of niemand anders daar gaan wees nie. Dit was stil toe ons daar kom en uiters skoon. Die skoonmaakgroep doen baie goeie werk, baie dankie aan hulle. Ons het ongeveer half 9 in die bed geklim en dit is toe karligte wat my laat opkyk. 'n Toyota Coaster 23 sitplek en 'n Iveco Daily 22 Sitplek bussies het nou net stil gehou. Studente van die Walter Sisulu Universiteit. Die nag van hel het kort daarna begin. Die studente het so geraas (hardop gesing, oor en weer tussen die plekke vir mekaar geskree). Ek het seker 15 oproepe gemaak en daar was oor en weer geredeneer oor die saak, maar lang storie kort, die mense van Fynbos Ridge voel NIKS vir die kleiner groep mense nie. Kan ek hulle blameer dat hulle soveel betalende gaste voor trek? Glad nie, geheel en al nie, maar weet net, indien jy daar inboek op dieselfde tyd wat daar so 'n groep mense is, gaan jy tien teen een huistoe gaan en wens jy het liewer by die huis gebly. Ongeag van die gaste, is die plek glad nie die geld werd nie. Die plekke is 'semi-detached' en daar is net 'n deur wat die 2 eenhede skei. Baie lekker indien mens as een groot familie daar bly en altwee plekke voor betaal (maar teen R5400 is dit 'n uiterse mors van geld). Die probleem met die dun deur is, die deur sit in die middel van die gebou, reg langs die 'kuier' tafel / area aan altwee kante. So indien jy wil slaap in jou kamer, maar jou buurman sit en kuier in sy leefarea, is hy aan die naaste punt van sy kant van die gebou aan jou. So wanneer hy sit en kuier, kuier hy 5m van jou slaapkamerdeur af. Ja die plekke lyk groot in die fotos, dit is ongelukkig glad nie die geval nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Lesley V
1 nag Gesin met klein kinders
4.6
Apr 2023

Very relaxing. Only rush was that the restaurant closed at 17:00 as a stopover where we were not geared for self-catering, the closing time was very limiting.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Reagan J
1 nag
4.4
Apr 2023

Als was goed, net die pad in na die huis. Sal hou daarvan dat julle die pad uitsorteer sodat mens darem 'n lekker trip na julle gastehuis kan hê. Niks fout met die plek nie, dis net die grondpad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Jaco A
1 nag Gesin met tieners
4.0
Des 2023

Rustige omgewing vir 'n oornag stop. Netjies, gerieflik en skoon.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Carmen V
1 nag Gesin met klein kinders
3.6
Des 2023

Baie gemaklik, onthou jou golfstokke. Alhoewel net 'n oornag, was die verblyf skoon, netjies en goed toegerus. Die uitsig van die stoep was ongelooflik en die sonsondergang was vreeslik mooi. Dit was 'n bietjie teleurstellend aangesien ons nie toegang tot die strand gehad het in die fotos nie. WiFi is ook net beskikbaar by die klubhuis en nie in die verblyf nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Lesley V
1 nag Gesin met tieners
3.6
Des 2023

Average. The arrival in the gravel road was not great. It was very bumpy. The menu was very limited, and the quality did not justify the price. The accommodation was quite expensive at R750 per person, and it didn't even include breakfast.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Nicky Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 175

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R2 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fynbos Gholf- en Buiteklub, Eersterivier, 6303, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf8cdfb4de8c05b6e2e26708671c6d501f3d15fe67fd554a6430acb18993552baeec5341ac3a24076c75abf964a7d326cff7c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4) 68 5 1 5 Fynbos Golf and Country Estate Eersterivier 6303 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.076194773246 24.234247830688

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang