Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbosrust

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Chris J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Fantastiese verblyf! Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

Stil, moderne, goed-toegeruste huis met panoramiese uitsig en uitstekende diens. Fynbosrust was 'n fees. As jy totale stilte wil hê, maar met gerief, is dit die plek vir jou. Die huisie is smaakvol uitgelê, met pragtige tapyte. Die kombuis- en ander geriewe is omvattend. Daar is 'n gemaklike buitebraai op 'n stoep met 'n berguitsig soos min. Binne is die kaggel ook lekker. Carin is 'n uitstekende gasvrou: sy het gereeld met ons opgevolg, voorstelle gemaak. Daarbenewens was sy na die verblyf ook baie hulpvaardig: ons het 'n sak met speelgoed daar vergeet en sy het geweldig baie moeite gedoen om daardie sak weer by ons te kry (te midde van gure weer). Daar is pragtige staproetes en ons kom graag weer terug om dit - en die huisie - te geniet. Hoogs aan te beveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carin
Fynbosrust
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer na julle naweek by Fynbosrust. So 'n resensie maak alles die moeite werd. Kom kuier gerus weer.

Lizanne C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Fynbosrust gee rus vir jou siel. Absolute "gem" van 'n plek. Daar is alles wat jy nodig het en meer. Die span se aandag aan detail is merkwaardig. Haar kommunikasie van begin tot einde is foutloos. Sal dit regtig aanbeveel vir enige iemand wat wil wegbreek uit die besige stad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rozelle V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

So 'n heerlike huisie, mooi geleë in die berg wat uitkyk oor Breerivier vallei. Mooiste decor! In so 'n mooi area geleë! Perfekte wegbreekplekkie uit die Kaap, nie te ver om te ry nie en so afgesonder, mens kan nie anders as afskakel nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlise K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Heerlik gebly. Carin is baie behulpsaam en gaan uit haar pad uit om mens tuis te laat voel. Sal dit vir almal aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rob E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

The best place for your soul to rest, relax and "charge the batteries". Words can not describe how special and beautiful this place is, from the beautiful surrounding mountain scenery to stepping onto the deck and taking in the fresh air and beauty. The house is well thought out with fresh flowers on the table, table settings laid out already, warm blankets and a fantastic big fireplace with enough wood for those cold evenings. We spent 6 nights and we are well rested. From reading on the deck while sitting in the sun to migrating to the fireplace as evening sets in. Enjoy the views of the birds at the bird bath and don't forget the two mongoose that come to visit. Binoculars and bird books are a must! There are some nice hikes so don't forget comfortable shoes for that. The tranquillity and soulfulness are world class. Thank you Carin, we will be back soon.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carin
Fynbosrust
It is inspiring words like that makes our work becoming our passion. Many thanks. Carin and Anton van dem Bout (manager and owner) And household team Jasmine, Mariaan and Dawid

Hanneri S
Kort verblyf
5.0
Jul 2023

Pragtige verblyf met uitstekende geriewe. Heerlik gekuier in hierdie lieflike huis met 'n fantastiese uitsig. Baie netjies en stylvol. Wonderlike leefarea, pragtige slaapkamers en 'n gerieflike houtdek met oorgenoeg vuurmaakhout. Uitsonderlike kliëntediens!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carli M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Heerlik gekuier! Fynbosrust is heerlik, dis netjies en het alles wat mens nodig het. Die stilte en pragtige uitsig is regtig wonderlik. Dankie, Carin!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carin
Fynbosrust
Dankie Carli. Ons streef daarna om ons gaste gelukkig te hou. Bly julle het dit geniet. Carin

Pauline L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2023

Asemrowend! Baie netjies en goed toegerus met moderne geriewe insluitend 'n Nespresso masjien. Mooi omgewing met muishonde, dassies en voëls sigbaar vanaf die voorstoep. Troeteldiervriendelike restaurante naby aan verblyf (Calabash en die Boord). Bobbejane was bietjie lastig veral omdat ons Schnauzers saam met hulle wou speel maar dit is maar deel van die natuur waar ons hul habitat deel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alicia H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2023

Fantastiese, rustige, pragtige natuurskoon! Ons het heerlik gebly- die huis is perfek ingerig met alles wat mens benodig. Uitsig oor die vallei is pragtig. Natuurgeluide is verfrissend na die stad se geraas. Lekker dat mens geïsoleerd is, want ons honde kon lekker rondloop sonder om ander te pla. Die omgewing het ook lekker plekke om te besoek soos Monk's Gin vir lekker gin-proe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R2 550
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R301, Erfdeel 94, Red Bishop-straat, Kleineberg, Mount Bain Natuurreservaat, 15 km vanaf Wolseley, 6830, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9500c521e090718376d2dd016b26d025c83b573f15897444f0a5dc48c26337407d56e794720f34247df1a8280323bf2d794?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 4 mense 33 5 1 5 Off the R301 Plot 94, Red Bishop Street, Kleineberg 6830 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.511994063843 19.162270613136

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang