Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fynbosrust

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R301, Erfdeel 94, Red Bishop-straat, Kleineberg, Mount Bain Natuurreservaat, 15 km vanaf Wolseley, 6830, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 550 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Fynbosrust is in die Mount Bain Natuurreservaat naby Wolseley geleë en bied gehalteverblyf aan ’n gesin of 'n groep vriende. Dit is die ideale bestemming vir 'n winterwegbreek met sneeu op die berge en 'n knetterende kaggel in die leefarea.

Die huis aan die voet van die Bainskloofberge is steeds hoog genoeg om 'n mooi uitsig oor die Slanghoekvallei te bied. Hierdie uitsig is veral mooi met sonsopkoms en sonsondergang.

Die 100 m²-huis beskik oor 2 slaapkamers en bied verblyf aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n ekstra lang koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 ekstra lang enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke slaapkamer het ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met ’n stoof, yskas-vrieskas, konveksie-mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. 'n Wasmasjien is op versoek beskikbaar.

Die sitarea het 'n gemaklike leersitkamerstel, ’n kaggel en 'n TV met DStv. Die eetarea bied genoeg sitplek vir gaste om hul etes saam te geniet. Gratis WiFi word voorsien. Daar is braaigeriewe op die dek en onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die huis het lugversorging wat van sonkrag gebruik maak vir die somer en genoeg hout vir die kaggel om die sneeu vanuit die knus leefarea te bewonder. Die huis is naby verskeie trouvenues in die omgewing en aktiwiteite daar naby sluit stap- en fietsroetes in, asook 'n waterval wat maklik bereik kan word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Chris J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese verblyf! Sien sterre.
Jul 2024
Willem B
Gesin met klein kinders
5.0
Stil, moderne, goed-toegeruste huis met panoramiese uitsig en uitstekende diens. Fynbosrust was 'n fees. As jy totale stilte wil hê, maar met gerief, ...
Sien meer
Jul 2024
Lizanne C
Saam met lewensmaat
5.0
Fynbosrust gee rus vir jou siel. Absolute "gem" van 'n plek. Daar is alles wat jy nodig het en meer. Die span se aandag aan detail is merkwaardig. Haa...
Sien meer
Apr 2024
Rozelle V
Saam met lewensmaat
5.0
So 'n heerlike huisie, mooi geleë in die berg wat uitkyk oor Breerivier vallei. Mooiste decor! In so 'n mooi area geleë! Perfekte wegbreekplekkie uit ...
Sien meer
Apr 2024
Charlise K
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly. Carin is baie behulpsaam en gaan uit haar pad uit om mens tuis te laat voel. Sal dit vir almal aanbeveel.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Carin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs die R301, Erfdeel 94, Red Bishop-straat, Kleineberg, Mount Bain Natuurreservaat, 15 km vanaf Wolseley, 6830, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fynbosrust het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R301, Erfdeel 94, Red Bishop-straat, Kleineberg, Mount Bain Natuurreservaat, 15 km vanaf Wolseley, 6830, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9500c521e090718376d2dd016b26d025c83b573f15897444f0a5dc48c26337407d56e794720f34247df1a8280323bf2d794?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 4 mense 33 5 1 5 Off the R301 Plot 94, Red Bishop Street, Kleineberg 6830 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.511994063843 19.162270613136

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang