Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gable Cottages No. 4

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.1
Veiligheid
4.6
Zanthea P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

The stay was very nice. But I have not yet received my breakage deposit of R500 back, and it has been a week since our stay. We definitely did not break anything. I have now sent a message to the host, but I feel this is not something I should be asking for and following up on. This should be done automatically.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezl F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2023

Sal Gable Cottages No. 4 enige tyd aanbeveel. Het ons verblyf by Gable Cottages No. 4 baie geniet en sal beslis weer daar tuisgaan. Die eenheid is sentraal geleë, veilig, lekker ruim, smaakvol ingerig en het alles wat jy nodig het. Sal Gable Cottages No. 4 enige tyd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kobie
Gable Cottages No. 4
Baie dankie vir julle besoek en die mooi resensie! Ons is bly julle het dit geniet. Hoop om julle binnekort weer te sien.

Jéan-wayne C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mei 2023

Was baie lekker en op 'n baie lekker plek in die dorp geleë. Baie veilig gevoel in die huis, baie lekker gebly en kon orals heen stap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre M
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Jun 2024

Lekker. Het lekker gebly. Stapafstand na die Clarens sake-kern. Lekker kaggel vir die koue wintersaande.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Johannes D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Mei 2024

Ruim, skoon, gemaklik. Baie goeie verblyf, skoon eenheid, baie goed toegerus. Kan net die stortkop verander.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Gert G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Apr 2024

Gerieflik, netjies en gemaklik. Die eenheid is baie gerieflik, netjies en het alles wat nodig is om gemaklik te kan bly.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Magda E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Mrt 2024

Rustig, mooi plek, mooi gemeubileer, goed toegerus maar heeltemal te warm! Positief - Plek is pragtig gemeubileer, elegant en stylvol. Toegerus ook met stylvolle breekgoed, ens. Ligging is fantasties en die toe-motorhuis 'n groot bate. Negatief - Eenheid was nie gereed vir ons nie: 1. Stortkop is 'n "mission" plus stort lek. 2. Plek het baie vensters, veral stoep, vensters als was vuil. 3. Pragtige skuifdeure maar middelste deur sluit nie, maak dit onveilig. 4. Daar is 'n stofie en elektriese komberse (nie nodig gehad nie!) maar waaiers is definitief nodig aangesien dit onuithoudbaar warm was a.g.v. die oop vensters op die stoep. 5. Die motorhuis se deur werk met "remote" - gaan oop, halfpad deur weer toe, dan weer oop. 6. 'n Gedrukte dokument by die TV sal baie help om gaste te help navigeer na Netflix toe, veral vir diegene wat nie Netflix en ander kanale soos PrimeVideo, ens. ken nie. Ek dink die eienaar verwag DStv, ens. 7. Die eienaar moet die boekie lees met kommentaar deur vorige gaste. Almal het omtrent dieselfde issues, maar die positief is 'n pragtige, keurige blyplek, regby al die gebeurtenisse en tog ver van geraas af.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Margaret S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2023

Baie skoon en goed geleë. Eenheid baie netjies, ruim. Net baie oop, voel nogal dat mense op jou kyk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Johanna V
Kort verblyf Saam met vriende
3.8
Feb 2023

Netjies, skoon en goed toegeruste akkommodasie. Jammer genoeg: Die reëling om sleutel by garage te kry was verouderd en niemand het geweet wat gaan aan nie. Om te vertrek was ook 'n gekompliseerde reëling. Die breekgoeddeposito het nie gebeur nie. Geen TV of Wi-Fi sein nie. Daar word reeds vanaf September oor gekla. Garage deur het nie reg funksioneer nie. Eienaar is moeilik bereikbaar en nie baie betrokke nie.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Natasha V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2022

Rustige naweek weg van die besige stad. Wat 'n wonderlike ervaring. Gable Cottages No. 4 was sentraal, netjies en baie gemaklik. Sal vir seker weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Kobie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Market- en Kromstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8f95c4143160196e10dccd5b12105ef870bcfe2e8a49e0d145d1d2eba34c64d0f3d63f625f0c9c0a5ac2d215b04a152c7045?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 Corner of Market and Krom Streets Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.516260257735 28.422661735057

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang