Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gabriella's Accommodation

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 24, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Gabriella's Accommodation is sentraal in Riebeek-Kasteel geleë en is stapafstand van verskeie restaurante, galerye en winkels af.

Gaste het 'n keuse tussen 4 kamers en 1 selfsorgeenheid, waarvan almal privaat ingange en 'n buite-area het. Die 4 kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort, en is ingerig met 'n gemaklike dubbel-, koninggrootte- of koningingrootte-bed. Die selfsorg-ateljee het 1 slaapkamer, 'n en suite-badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea.

Daar is lugversorging en 'n yskassie in al die kamers. Linne en handdoeke, beskuit en koffie- en teemaakgeriewe word in al die kamers voorsien. Parkeerplek vir gaste is ook op die perseel beskikbaar.

Riebeek-Kasteel bied verskeie restaurante en koffiewinkels, asook doendinge soos fietsry, bergfietsry en wynproe. Gaste kan ook die De Oude Kerk Museum of die Kasteelberg Natuurreservaat gaan besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Liza G
Saam met lewensmaat
5.0
In die hartjie van Riebeeck-Kasteel. Ons het so lekker gebly hier. In die hartjie van Riebeeck-Kasteel en stap afstand van al die moet-besoek punte va...
Sien meer
Jun 2024
Willem F
Saam met lewensmaat
5.0
Binne loop afstand van byna alles in die dorp. Baie dankie aan almal betrokke by Gabriella's. Ons het heerlik gebly en sal hulle beslis aanbeveel.
Mei 2024
Lucian P
5.0
Neat, good location, value for money. The accommodation was a quiet place where I could do some academic writing. It served this purpos...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Madeleine R
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommend. Lovely comfortable stay in a welcoming spot in a great location. Perfectly appointed room with excellent linen and ni...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Vickus V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en baie vriendelike diens. Ons sal definitief weer terug gaan. Sien sterre.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gerrit Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 60

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 24, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gabriella's Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 24, Riebeek-Kasteel, 7307, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkyZTI5M2E1LWQzNTEtNDNmYy05NjkxLTk1NTI3MWY3ZmJiYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 24 Main Street Riebeeck Kasteel 7307 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.384302827835 18.894102677841

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang