Gabus Game Ranch
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gabus Plaas 52, Otavi, 0000, Otjozondjupa
- Vanaf R4 020 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gabus Game Ranch nooi gaste uit na 'n oase met 'n groen tuin, 'n sprankelende swembad, en 'n koel lapa naby Otai in Namibië. Dié lodge bied 'n verfrissende afsaalplek vir moeë reisigers op 'n 6000 hektaar plaas.
"Gabus" is afgelei van 'n Boesman-woord vir "plek van water" in 'n land wat deur droogte en woestyn gekenmerk word. Die plaas lê aan die voet van die Usibi-berge, sowat 10 km vanaf die dorpie Otavi.
Besoekers wat die lodge vir die eerste keer benader, word aangenaam verras deur die tuin wat soos 'n lowerryke oase verrys. As mens oor die swembad se hemelsblou water tuur, sien mens dikwels wild. Koedoes, waterbokke, roobokke en wildebeeste gaan hul gang sonder om deur besoekers se kom en gaan in die kuierarea gepla te word, so mens sien gereeld hoe dié diere hul dors kom les. Trouens, om hierdie pragtige diere dop te hou is een die herinneringe aan Gabus wat altyd by jou sal bly.
Die luukse, elegante kamers nooi besoekers uit om lank te vertoef. Elke kamer kyk uit oor 'n natuurlike watergat wat elke dag wil lok. Elke kamer het 'n en suite-stort, lugversorging, en weelderige katoelinne wat sorg vir 'n hemelse nagrus.
Aandete word elegant voorgesit. Gaste kan aandetes op hul eie of in 'n groep saam met die ander gaste geniet. Die geregte word van net die varsste bestanddele en met liefde voorberei. Saans word die watergat verlig vir gaste wat die nagdiere wil dophou.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Harald / Heidi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Gabus Plaas 52, Otavi, 0000, Otjozondjupa
- Gaste dink Gabus Game Ranch het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Otjozondjupa Namibië
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gabus Plaas 52, Otavi, 0000, Otjozondjupa
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang