Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amazing Modern Cube House

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Amazing Modern Cube House is 'n ultra-moderne, minimalistiese huis in die rustige kusdorpie Jongensfontein. Dit bied gerieflike vakansieverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende en spog met gas- en houtskool-braaigeriewe, asook 'n kaggel.

Dié dubbelverdiepinghuis vir 4 gaste beskik oor 'n hoofslaapkamer op die onderste verdieping, 'n dubbelbed op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaaparea vorm deel van die sitarea en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, elektriese stoof en oond, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het 'n gemaklike, L-vormige rusbank en 'n TV met die volle DStv-pakket en multimedia-koppelpunte. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die huis het 'n voorstoep en 'n toegeboude agterstoep met 'n gasbraai waar gaste saam etes kan voorberei en oor die dorp en see kan tuur.

Elke area in die huis spog met 'n see-uitsig en die huis is stapafstand vanaf die naaste strand. Daar is pragtige kunswerke van Suid-Afrikaanse kunstenaars teen die huis se mure. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Voor en ná elke besoek word die huis deeglik deur 'n span skoonmakers skoongemaak en ontsmet. Só word 'n skoon, vars huis vir 'n welverdiende ruskans verseker.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 65 resensies vir Amazing Modern Cube House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Leo Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 121

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Amazing Modern Cube House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac348e7e27eca12adbd6f21bdca2a66af51dc8ad946a6d88a64a206e0b57a6ef1d3d5598be36a2b2d892ed829baf444a974a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 4) 65 5 1 5 41 Voëlklip Avenue Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.422852574956 21.344147936176

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang