Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Galjoen gat

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galjoenstraat 6, Pearly Beach Resort, Pearl Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Galjoen gat is 'n tweeslaapkamer-selfsorgkothuis in die bekende Pearly Beach Resort en bied verblyf aan diegene wat op soek is na 'n lekker gesinswegbreek.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en bestaan uit die kombuis, eetarea en die sitarea wat 'n binnebraai, gemaklike banke en 'n TV het. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder saam te bring. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, diepvrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel.

Galjoen gat is stapafstand van winkels af en die oord is veilig vir oud en jonk aangesien dit streng veiligheidsmaatreëls in plek het. Agter die kothuis is 'n speelarea vir kinders.

Pearly Beach is bekend vir sy strande en stil atmosfeer. Tussen Julie en Oktober kan gaste moontlik walvisse al langs die kus sien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Alona S
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, gerieflik, rustig! Baie lekker gekuier, dankie!
Okt 2024
Bernique D
Gesin met tieners
5.0
Ons kuier was kort maar baie lekker. Ons het baie lekker gebly. Die oulikste huisie, baie goed ingerig. Die mooiste strand. Ek is mal oor die boekhuis...
Sien meer
Sep 2024
Clive K
Gesin met klein kinders
5.0
Time away very well spent. Very comfortable quiet area the kids could play outside at the park while my wife and I could just sit and r...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Esther S
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld. Baie lekker plek. Sal beslis weer gaan.
Jan 2024
Jp V
Gesin met klein kinders
5.0
Best stay ever. It's absolutely perfect. I give it a 10 out of 10 and I'm very critical. In fact, I give it another 10. It's close to t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Tertius Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 73

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Galjoenstraat 6, Pearly Beach Resort, Pearl Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Galjoen gat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 5)
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galjoenstraat 6, Pearly Beach Resort, Pearl Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc342fc59295b3a1d50c94918bbdc8bef181762478d3ae59bee1de3ecc103c04364bf107dfb911e95880d8f74bd2c09b03df9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 5) 11 5 1 5 Galjoen Street 6 Pearly Beach Resort 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.668344891953 19.51710999012

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang