Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gannahoek Self-catering

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Gannahoek Selfsorg is 'n groot plaashuis 500 m vanaf die hoofpad wat langs die N12 geleë is en is net 22 km van Hopetown af. Neem asseblief kennis dat hierdie huis geen elektrisiteit het nie.

Dié verblyf beskik oor 3 slaapkamers wat altesaam 6 gaste kan akkommodeer. Die hoofslaapkamer en die ander twee kamers het elk 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof met 'n oond, eetgerei en breekware. 'n Gas yskas-vrieskas is beskikbaar en gaste moet asseblief die eienaars laat weet of hulle dit gaan gebruik. Die huis het 'n groot binnebraai asook 'n ommuurde buitebraai en 'n area onder die bome waar gaste kan braai. Gaste moet asseblief hul eie braaihout saambring. 'n Houtgevuurde donkie-ketel word vir warm water gebruik en die hout word voorsien.

Op daardie warm somersdae kan gaste in die dam op die plaas afkoel en daar is plek vir 'n karavaan of sleepwa op die perseel, asook parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis vir 'n motor.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Ilze K
5.0
Skoon, veilig, eg-plaas. Lekker. Baie lekker gebly, lekker oornagplekkie vir 'n lang pad. Alles was skoon en netjies. Ek en my hondekind het lekker ge...
Sien meer
Mei 2024
Pat S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rus. Lekker, baie dankie!
Mrt 2024
James W
Gesin met tieners
5.0
Rustig en veilig. Awesome sonsondergang! Sal beslis weer daar gaan oornag. Wonderlike plek! Het sommer heimwee gekry toe ek by die huis instap.
Jan 2024
Steve V
Gesin met tieners
5.0
Lekker stil ruim. Vriendelike ontvangs, ruim vertrekke en genoeg braaiplekke om van te kies. Stil en veilig.
Des 2023
Willie J V
Saam met vriende
5.0
Dit was fantasties. Baie vriendelik en ons het baie lekker gebly. Perfekte oornag vir toere.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Shirley Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • N12, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
  • Gaste dink Gannahoek Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bo-Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69b80cb58c876490b165e6f0c4eefa5deef524b14f2a95da6fa017370b357fb5c05ce8d0acdc838f72b284e4258b0a55e9d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 6 mense 19 5 1 5 N12 Hopetown 8750 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.768882544649 23.941381619467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang