Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gansogie

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2025 tot 3 Jul 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 1 kind, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 600 R1 440 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Gansogie is 'n bekoorlike privaat selfsorghuis in Calvinia. Die huis is direk oorkant die Laerskool geleë en binne stapafstand van winkels en verskeie sakeondernemings in die area en is ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf met maklike toegang tot plaaslike geriewe.

Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 1,5 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n bababedjie het. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is ook 'n enkelbed vir 'n kind. Hulle deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eetarea het 'n lieflike etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet en strek verder na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke gemeubileer is.

Dié eiendom beskik oor 'n lieflike onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Dié eiendom is beveilig met diefwering en 'n alarmstelsel en gaste kry twee onderdakparkeerplek op die perseel. Die eiendom bied ook twee parkeerplekke, beskut onder 'n koelteboom.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderbedjie

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Corlia L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gasvry en bereid om te help. Baie vriendelik ontvang en hulp verleen.
Jan 2025
Marna V
5.0
Pragtige huis met baie bekoring. Pragtige huis met persoonlikheid. Wens ons kon langer bly.
Des 2024
Nadine B
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtig! Dit was die oulikste, mooiste plek! Baie stil en veilig! Kan nie wag om weer te gaan nie.
Des 2024
Ansie S
5.0
Die buite braai en groot eetkamertafel was 'n lekker kuierpunt. Groot huis met alles wat jy benodig.
Des 2024
Herman F
5.0
Will definitely recommend Gansogie. Enjoyed the stay very much, good value for money and everything was there as advertised.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mandie Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 5 maande

Ligging

  • Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Gansogie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 440
per nag, vir 6 mense
Vanaf R1 600
R 1 600 R 1 440
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 1 kind, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA351062169e5f13b206c1d3e58dec4423d677667b8404560d3114fa69a9cf8180ffd3f0fe5018e9df3c45387d8a10b5256596?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 440 per nag, vir 6 mense 9 5 1 5 9 Stasie Way Calvinia 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.471895656236 19.776575058757

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang