Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Garden Flat on 15th

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 15de laan, Wonderboom Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
  • Vanaf R550 R468 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Garden Flat on 15th bied 2 gerieflike en sakpasoornag-selfsorgeenhede in 'n rustige woonbuurt in Pretoria. Dié boomryke stad 'n bied 'n verskeidenheid natuurlike en kulturele besienswaardighede en merkwaardige ou geboue en museums wat die moeite werd is om te verken.

Dié bekoorlike tuinwoonstelle is op die eienaars se woonerf geleë en bied slaapplek aan 2 gaste per eenheid. Daar is 1 onderdakparkeerplek.

Die tuinwoonstel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is met 'n groot yskas en 'n mikrogolf toegerus. Addisionele geriewe sluit gratis WiFi (vra asseblief vir die wagwoord) 'n privaat ingang en veilige parkeerplek in. Die eenheid het 'n TV met Showmax.

Die aparte, ruim tuinkothuis is op die eienaar se perseel en het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, toilet, wasbak en groot kaste. Ander geriewe sluit 'n groot yskas, mikrogolf en 'n TV met Netflix of Showmax in. Die verblyf het ook sonpanele.

Die eenhede is naby skole, winkelsentrums en hospitale, soos Eugene Marais Hospitaal (3 km), Steve Biko (6 km) en Femina (5 km).

Pretoria spog met 'n verskeidenheid van doendinge soos perdry roetes by die Voortrekkermonument, wildkyk by die Premier Wildreservaat en tandem-valskermspring by die Pretoria Skydiving Club.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Hendrik V
Besigheidsreis
5.0
Very nice, ideal for people on business who want to feel out of the city. Stayover in a quiet area, feeling safe. Wi-Fi served me well....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Jannie V
5.0
Baie lekker gebly. Gardenhouse on 15th is 'n wonderlike plek.
Sep 2023
Danie En Susan R
Saam met lewensmaat
4.8
Baie gerieflik. Vriendelike, behulpsame mense en geen beurtkrag.
Sep 2023
Mario T
4.2
Rustig. Vriendelike eienaars, oulike honde, kinders. Baie veilig en rustig.
Jun 2024
Albie L
Saam met lewensmaat
4.0
Netjies, skoon, veilig en stil. Yskas het bietjie lawaai. Losstaande waaier maak geraas.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nelmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 15de laan, Wonderboom Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
  • Gaste dink Garden Flat on 15th het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
R550 R468
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
R550 R468
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 15de laan, Wonderboom Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04c57a3c1d974f191f50faf4150bf46e456b1924cc53e9e38f10bb60cb18ce51a8d27668d27ec3e65bd355e86de3ee3949d3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R550 nouVanaf R468 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 15th Avenue Wonderboom South 0084 Gauteng 021 201 8901 17:00-21:00 09:00 -25.700622 28.21024

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang