Gardens 1604
Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Mill- en Buitekantstraat, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 750R1 575 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Gardens 1604 bied 'n skouspelagtige uitsig oor die Moederstad en is 'n nuut-opgeknapte ateljeewoonstel met selfsorggeriewe en weelderige afwerkings. Dit is in die pragtige Gardens-buurt geleë met 'n uitsig oor die stadskern, hawe, Seinheuwel, die oseaan, asook 'n blik op die berge in die verte. Lang- en Kloofstraat se borrelende naglewe roep jou en is nét om die draai. Gardens is dus die ideale vakansiebestemming vir paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek en sakereisigers wat naby die stadskern moet wees.
Jy sal sukkel om verblyf met 'n meer gerieflike ligging te vind. Die feit dat dié ateljeewoonstel op die 16de vloer bo die Gardens Winkelsentrum geleë is, verseker 'n gerieflike vakansie. Daar is meer as 5 restaurante om van te kies, asook 'n fantastiese Duitse slaghuis en restaurant, Pick 'n Pay, Woolworths Food, 'n DVD-winkel, 'n internetkafee, 2 wasserye en ander luukse winkels vir jou vermaak en gerief. Jy hoef nie eens in jou kar te klim nie!
Hierdie luukse, ruim ateljeewoonstel het 'n oopplan-uitleg en slaapplek vir tot 3 volwassenes of 2 volwassenes en 1 kind. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en 'n moderne badkamer met 'n stort-oor-bad.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n oond, stoof en alles wat jy sou benodig om maaltye voor te berei. As jy egter nie lus is om te kook nie, is die tientalle toprestaurante in die omtrek en die nabygeleë V&A Waterfront 'n heerlike alternatief. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank, 'n plasma-TV met 'n DVD- en CD-speler, die basiese DStv-pakket, maar gaste kan hul eie rekening gebruik, asook satellietkanale.
WiFi en veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar op versoek en vir gaste se eie rekening. Doen asb. navraag hieroor indien dit nodig is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tanya Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoek van Mill- en Buitekantstraat, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Gardens 1604 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Oranjezicht Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Mill- en Buitekantstraat, Oranjezicht, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang