Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gariep, a Forever Resort

  • Kapasiteit: 1000 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Fiskaal Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Vanaf R330 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Gariep, a Forever Resort is perfek geleë halfpad tussen Gauteng en die Kaap aan die oewer van die land se grootste dam, die Gariepdam. Dis die ideale bestemming vir gesinne, vakansiegangers, sakereisigers, afgevaardigdes, watersport-entoesiaste of reisigers op soek na oornagplek.

Die oord bied 'n hele verskeidenheid toegeruste chalets met 2 of 3 slaapkamers. Vanuit jou chalet kan jy jouself verlustig in die luisterryke sonsondergange oor die dam. Elke chalet het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die karavaan- en kampeerterrein bied standaard en luukse staanplekke. Die staanplekke het almal kragpunte en daar is 2 ablusieblokke, insluitend 'n kitswassery. Die luukse staanplekke het elk hul eie ablusiegeriewe.

By die Gariepdam is daar heelwat geriewe en aktiwiteite om jou vakansie-ervaring te vervolmaak. Gaan eet by Quenna Bistro-restaurant op die perseel, geniet 'n drankie by die kroeg of bring 'n aand in die privaatheid van jou eie chalet deur nadat jy al die nodige proviand by die kruidenierswinkel reg langs die oord aangeskaf het.

Gariep, a Forever Resort is op die grens van die Vrystaat, Noord-Kaap en die Oos-Kaap geleë en ons bied 3 konferensie-venues wat van 12 - 400 afgevaardigdes kan akkommodeer. Al die vertrekke is met moderne konferensiegeriewe toegerus. Ons bied ook pakkette aan wat by jou behoeftes en begroting aangepas kan word.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 180 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Dewald J
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike oornag punt vanaf Gauteng. Ons het ons luukse kamp baie geniet. Baie gerieflik om jou eie toilet, stort en kombuisie reg by jou woonwa te h...
Sien meer
Sep 2024
El-zandri S
Besigheidsreis
5.0
Vriendelik, skoon en baie netjies. Dit is altyd heerlik hier! Sal gerus terugkom. Baie dankie vir julle vriendelike diens!
Aug 2024
Lize-mari K
Saam met vriende
5.0
Rustig. Dit was wonderlik en die beddens was baie gemaklik.
Aug 2024
Estelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Presies wat mens soek: waarde vir geld en vrede vir jou gemoed! Ons karavaan-kamp graag by die verblyf - dis veilig, baie skoon en netjies.
Aug 2024
Esme G
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike verblyf. Baie gerieflike verblyf met alles wat nodig is. Uitstekende en vinnige kliëntediens en hulp ontvang nadat daar 'n probleem met ons...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

FOREVER GARIEP Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 180

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 2 Fiskaal Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Gariep, a Forever Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf
Vanaf R330
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R330
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 1000 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Fiskaal Straat, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzMDRhM2QyLTI5YTctNGI1Yy04OGNlLWNlMWUwMDY3NTc2ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R330 per nag, vir 2 mense 180 5 1 5 2 Fiskaal Street Gariep Dam 9922 Vrystaat 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -30.596659944054 25.502176763229

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang