Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gariep N1 Chalets

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gariep N1 Chalets is in die middel van Suid-Afrika, tussen Johannesburg en Kaapstad en 15 km noord van die Gariepdam aan Bloemfontein se kant en sowat 500 m van die N1 af geleë. Die eenhede is omring deur die tipiese Karoo-natuur en bied wonderlike uitsigte oor die plaas, Karoo-vlaktes en asemrowende sonsondergange. Dit is die perfekte halfwegstop op pad na Gqeberha (Port Elizabeth) (500 km), Oos-Londen (450 km), Kaapstad (800 km) of Bloemfontein (180 km).

Daar is 2 selfsorg-chalets beskikbaar, wat elk slaapplek bied vir 5 gaste. Die chalets is ruim en goed toegerus vir al jou selfsorg-behoeftes. Dit beskik ook oor 'n privaat braai-area en 'n lekker kuierstoep.

Vuurmaakhout is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste. Daar is 'n lekker plaasdam waarin gaste kan afkoel.

Dit is die perfekte oornagplek, net 15 minute se ry van die Gariepdam (Suid-Afrika se grootste varswaterdam) af. By die Gariepdam kan jy brandstof ingooi en daar is 'n supermark waar jy die basiese benodigdhede kan koop.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 521 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Tommy P
5.0
Het in die verlede baie daar oorgeslaap en sal weer en weer. Wenner plek om oor te slaap elke keer.
Jan 2025
Francois P
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies en baie rustig. Baie lekker oorslaap en rus plek, die stilte en sterre is net wat mens nodig het halfpad huis toe, en alles is netjie...
Sien meer
Jan 2025
Linda D
Gesin met tieners
5.0
Netjies. Perfek vir 'n nag se oorslaap. Baie oulike, netjiese oornagplek. Net wat jy nodig het vir 'n nag oppad Kaapstad toe. Baie dankie.
Jan 2025
Andries K
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik geleë halfpad Kaap toe. Maklike keuse vir 'n oornag stop. Diens was topgehalte, rustig en stil. Gerieflik naby aan die N1, klim op en reis v...
Sien meer
Jan 2025
Norma E
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie akkommodasie en goed geleë. Die verblyf was uitstekend en baie goed geleë langs die N1 met maklike toegang tot die snelweg. Dit sal dalk gaaf we...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Bets Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 521

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Gariep N1 Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Transgariep Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eensgevonden Plaas, Driekuil/Ruigtevlei, Gariepdam, 9922, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a524918d37000c18a201eecb8e78c1243f0963ee0b7ec7944d16d098d729e2fd1374df6a4c74d42102d7923e0e020b291ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 521 5 1 5 Eensgevonden Farm Driekuil/Ruigtevlei 9922 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.479088764168 25.597614291633

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang