Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gaste Plaashuis Oudevlei

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Gaste Plaashuis Oudevlei is op ’n plaas 12 km vanaf Potchefstroom geleë en bied 'n heerlike wegbreeknaweek in enige van ons gesogte 3 eenhede.

Afrika is 'n individuele oopplan-eenheid met sy eie ingang. Daar is 2 slaapkamers, een kamer met 2 enkelbeddens en 'n tweede kamer met 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die leefarea is baie ruim, met 'n groot sitarea, kombuis en eetarea. Die eenheid het ook 'n privaat stoep en vuurput.

Juk is 'n oopplan-eenheid met sy eie ingang en stoep. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en sofabed. Die eenheid beskik oor sy eie kombuisie met al die nodige geriewe soos 'n mikrogolf, oond en yskas. Dit het sy eie sithoekie en 'n ruim badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n privaat braai.

Sag is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed. Daar is 'n kombuisie, 'n klein sitarea met 'n eethoekie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n bad. Die eenheid het sy eie stoep en braai-area.

Gaste kan ontspan op die plaas deur onder in die vlei te braai of hulle kan lekker afkoel in die swembad. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Neem asb. kennis dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Dit is 'n breë grondpad in goeie toestand en is so 2,5 km vanaf die teerpad tot by die plaas.

Gaste kan hul eie fietse saambring en die roetes op die plaas verken.

Besoek Provance-padstal vir 'n lekker ontbyt, dit is 2,5 km van die verblyf af. Tanglewood is ongeveer 10 km van Gaste Plaashuis af, waar gaste kan gaan visvang. Hartspad se wandelpaadjies en staproetes, gaste nie teleurstel nie. Daar kan gaste ook iets eet. Dit is 8 km van die verblyf af. Verder het die plaas buitebraai-areas waar gaste kan kuier om 'n groot vuur met die mooiste sonsondergange.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Brink L
Besigheidsreis
5.0
Great overnight stay. Relaxing, very clean and just in general value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Retha N
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, goed toegerus, rustige omgewing. Baie vriendelik ontvang, het onmiddellik tuis gevoel. Aangename mense wat deurentyd behulpsaam was.
Okt 2023
Adriaan L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gewees, baie dankie. Dit is 'n baie lekker wegbreekplek.
Okt 2023
Duncan L
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik. Baie goed, lekker gekuier.
Aug 2023
Adele V
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige rustige plaasomgewing. Ons is baie vriendelik en professioneel verwelkom. Die eenheid waarin ons gebly het (sag kamer) was toegerus presies so...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ewan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Gaste Plaashuis Oudevlei het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf1398f06527f0e23ff7545f885cfc08c03311ed562a7b3a84645d6ee680ae8e78fe0a8364ca44bbdd6889d94aadff611d36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 46 5 1 5 Farm Oudevlei Off the R501 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.604279732939 27.088487148285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang