Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gaste Plaashuis Oudevlei

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Gaste Plaashuis Oudevlei is op 'n plaas net 12 km vanaf Potchefstroom geleë. Die aanbieding van 3 verskillende eenhede maak dit die ideale wegbreekplek vir 'n familie en vriende.

Die verblyf beskik oor die Sag-kamer met slaapplek vir 2 gaste, Juk-kamer en Afrika-kamer het albei slaapplek vir 4 gaste.

Afrika is 'n individuele oopplan-eenheid, met sy eie ingang. Daar is 2 slaapkamers, een met 2 enkelbeddens en een met 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die leefarea is ruim met 'n ruim sitkamer, kombuis en eetarea. Daar is 'n privaat stoep en vuurmaakplek.

Juk is 'n oopplan-eenheid met sy eie ingang en stoep. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank. Die eenheid het sy eie kombuis met die nodige geriewe soos 'n mikrogolf, oond en yskas. Die eenheid het sy eie sitkamer en 'n ruim badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n privaat braai.

Sag is 'n oopplan-eenheid wat met 'n dubbelbed ingerig is. Daar is 'n kombuis, 'n klein sitkamer en 'n eethoekie asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n bad. Die eenheid het sy eie stoep en braai.

Gaste kan op die plaas by die gemeenskaplike braai-areas ontspan of in die swembad afkoel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Neem asseblief kennis dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Dit is 'n breë pad van sowat 2,5 km.

Gaste kan hul eie fietse saambring en die roetes op die plaas verken.

Besoek Provance padstal vir 'n lekker ontbyt, dit is 2,5 km vanaf die verblyf. Tanglewood is sowat 10 km vanaf Gaste Plaashuis, waar gaste kan gaan visvang. Hartspad se staproetes stel nie teleur nie. Gaste kan ook iets daar eet. Dit is 8 km vanaf die verblyf. Verder het die plaas buitebraai-areas waar gaste om 'n groot vuur met die mooiste sonsondergange kan kuier.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Clinton W
Gesin met tieners
5.0
Relaxing stay in beautiful surroundings. Lovely farm-style accommodation. Well specced and very helpful and responsive hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Anje J
Saam met vriende
5.0
Ons kuier was baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan. Ons het so lekker gebly by Gate Plaashuis Oudevlei. Dit is baie rustig en veilig. Het die natuu...
Sien meer
Sep 2024
Brink L
Besigheidsreis
5.0
Great overnight stay. Relaxing, very clean and just in general value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Retha N
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, goed toegerus, rustige omgewing. Baie vriendelik ontvang, het onmiddellik tuis gevoel. Aangename mense wat deurentyd behulpsaam was.
Okt 2023
Adriaan L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gewees, baie dankie. Dit is 'n baie lekker wegbreekplek.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ewan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Gaste Plaashuis Oudevlei het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oudevlei Plaas, Langs die R501, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf1398f06527f0e23ff7545f885cfc08c03311ed562a7b3a84645d6ee680ae8e78fe0a8364ca44bbdd6889d94aadff611d36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 48 5 1 5 Farm Oudevlei Off the R501 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.604279732939 27.088487148285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang