Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gatsby's Selfsorg Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seashells-laan 4, Klein-Brakrivier, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 350 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Gatsby's Selfsorg Akkomodasie is sentraal in Fraai Uitsig, Klein-Brakrivier geleë. Dié selfsorg-eenheid bied gemaklike verblyf aan 'n familie of groep vriende wat uit die stad wil ontsnap.

Hierdie eenheid word nie deur beurtkrag geraak nie. Die rugsteunkragboks verseker dat gaste steeds DStv en Netflix kan kyk, asook die WiFi gebruik. Gaste kan kosmaak op die gasstoof of braai op die dek.

Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Die huis het beide bad- en stortgeriewe.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en die volle DStv-pakket. Daar is gratis WiFi. Daar is braaigeriewe op die dek wat soomloos aaneenskakel met die leefarea.

Daar is veilige parkeerplek in die motorhuis wat met 'n afstandbeheer werk. 'n Strandmandjie met strandhanddoeke, lyfplanke, snorkeltoerusting, 'n volledige visvangsak, en 'n piekniekmandjie is op versoek en teen ekstra koste beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Clarissa D
5.0
Netjies, skoon en gerieflik. Baie dankie vir jou gasvryheid en baie netjiese plek. Ons het so lekker gebly. Sal definitief weer terug gaan.
Jan 2024
Anri V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker, baie ontspanne. Ons het ons verblyf by Gatsby's baie geniet. Die plek is goed toegerus, baie netjies en skoon. Ons was 4 volwassenes en 2...
Sien meer
Des 2023
Zandri M
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, netjies en veilig! Pragtige akkommodasie met wonderlike gasvryheid. Sal beslis aanbeveel!
Apr 2023
Hannah V
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies, goeie ligging. Ons sal Gatsby’s vir enige iemand aanbeveel. Daar is alles wat mens nodig het en die eienaar is baie vriendelik en behu...
Sien meer
Jan 2023
Carel L
Gesin met tieners
4.6
Netjies, vriendelik, great ligging, baie behulpsaam. Heerlik gekuier. Gasheer het die ekstra myl gegaan om ons verblyf so gemaklik moontlik te maak. L...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

James Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Seashells-laan 4, Klein-Brakrivier, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gatsby's Selfsorg Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 350
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seashells-laan 4, Klein-Brakrivier, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA18322f71b18f88a5a68534ad95ccece626cdbf390d9a1588e1cdcc4938cda56a2fb84c5187d84d0fccb60f27698ebf92a6bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag, vir 6 mense 12 5 1 5 4 Seashells Avenue Little Brakriver 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.079904754571 22.150986

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang