Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gayle's Place

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Gayle's Place is in die Clarens Gholf- en Forellandgoed aan die voet van Horebberg op die Maluti-roete geleë. Die villa word omring deur skilderagtige uitsigte en daar is hope vermaak vir oud en jonk, veral gholfspelers.

Die villa beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n knus kaggel en 'n TV met DStv, en daar is 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

Daar is braaigeriewe op die stoep en veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie eiendom het ook 'n omskakelaar wat ongeveer 4 uur se elektrisiteit tydens kragonderbrekings sal verskaf. Dit is voldoende vir ligte en die TV.

Aktiwiteite sluit staproetes, bergfietsroetes, 'n 18 putjie-gholfbaan en 'n spa in die dorp in. Die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n gunsteling en ongeveer 20 km van die landgoed af. Die algemene handelaar bied 'n verskeidenheid benodigdhede en is letterlik om die draai. Vir die fynproewers is daar restaurante, stalletjies langs die pad en kaasplase om te besoek, en kunsliefhebbers sal hou van die ikoniese galerye wat Clarens bied.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Malcolm H
Gesin met tieners
5.0
Nice safe functional home in (in a) golf estate. All good, nice clean, user-friendly home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Leana M
Gesin met tieners
5.0
Mooi, netjiese en veilige plek met kaggel. Ons het baie lekker hier gebly.
Jun 2024
Caroline K
5.0
Great home away from home. The unit was beautifully decorated and very clean and neat. Everything one needs. Great location to town and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Fiona W
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. We absolutely loved the stay at Gayle's Place, the accommodation was impeccably clean! We will certainly be back. Very restful...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Madeleen C
Gesin met klein kinders
5.0
Was heerlik. Heerlik gebly. Veilig. Heerlik vir stap. Klikgooi van die dorp af.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Eveleen Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 56

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
  • Gaste dink Gayle's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R712, Clarens Gholflandgoed 208, Clarens, 0095, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA26f2c4cd88fd1106b83b9b6070f0b77cf893361850b587619cbf553a7da7d875bb51c1af3f1a1d3833ae03fa0e41b8eca7b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4) 41 5 1 5 R712 208 Clarens Golf Estate 0095 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.510323204031 28.432193503716

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang