Gelukkig by Gouriqua
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 3, Gouriqua, Die Bakke, 6511, Wes-Kaap
- Vanaf R2 750 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Gelukkig by Gouriqua bied selfsorgverblyf aan 4 gaste by Santosstrand, Mosselbaai.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea, sitarea en 'n balkon met 'n braai. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus en maaltye kan by die toonbank of by die etenstafel geniet word. Daar is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met die volle DStv-pakket ontspan. WiFi word voorsien. Die woonstel het 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die balkon.
Veilige onderdakparkeerplek onder die gebou word vir 1 voertuig voorsien. 'n Hysbak is vanaf die parkeerterrein na die woonstelverdieping beskikbaar. Behalwe vir die hysbak, is die woonstel vanaf die straat met 'n rolstoel bereikbaar. Die Gouriqua-kompleks is net agter die Bartolomeus Dias Museumkompleks, en die ou Poskantoorboom. Die Mosselbaai Polisiestasie is skuins oorkant die verblyf.
Mosselbaai bied verskeie besienswaardighede soos die Kaap St. Blaize-vuurtoring, die sweefspoor en die Garden Route Casino. Gaste kan op die strand en in die die see baljaar, gholf speel, vryval, haaihokduik, hengel, bootvaarte en 4x4-roetes aanpak, voetslaan, stap, sandplankry of die Langeberg- en Mosselbaai-winkelsentrum besoek wat verskeie winkels en restaurante het en daar is ook baie restaurante en winkels in die dorp self.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Elize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- George-weg 3, Gouriqua, Die Bakke, 6511, Wes-Kaap
- Gaste dink Gelukkig by Gouriqua het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sentraal Mosselbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg 3, Gouriqua, Die Bakke, 6511, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang