Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Genie's Nest

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Vanaf R500 R450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Genie's Nest is in die stil area van Villeria, in die bekende Jakarandastad, Pretoria geleë. Dié verblyf is sentraal geleë en bied gaste die geleentheid om langs 'n swembad te ontspan terwyl hulle 'n braai geniet.

Daar word 4 selfsorg-eenhede aangebied wat elk 2 gaste kan akkommodeer en ingerig is met 'n dubbelbed. Genie's Nest-eenhede 1 tot 4 het 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl Genie's Nest 5 'n volledige badkamer met 'n stort en 'n bad het.

Genie's Nest 5 is 'n groter selfsorgwoonstel wat 'n sitkamer en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n 4-sitplek-eetkamertafel insluit. Die ander eenhede het 'n kombuisie wat toegerus is met verhit-en-eetgeriewe. Vir gaste se vermaak is daar 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale asook toegang tot gratis WiFi in elke eenheid.

Gemeenskaplike geriewe sluit 'n lieflike swembad en 'n lapa-area met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe in. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Carin M
Gesin met tieners
5.0
Fantasties! Ons het van meet af goeie diens gekry. Die kamers was toegerus met alles wat ons gedurende ons verblyf kon nodig kry. Alles was skoon en n...
Sien meer
Sep 2024
Rosie E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal genies nest aanbeveel. Ons sal Genie's Nest aanbeveel. Ons moes vroeër ons goed gaan aflaai met 'n troue wat ons daar naby gehad het en die gashee...
Sien meer
Mrt 2024
Laetitia P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic! Mooiste plek om te bly, skoon en die eienaar is so vriendelik.
Mrt 2024
Henry F
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker plek. Skoon en vriendelike personeel. Alles wat jy nodig het vir selfsorg is daar.
Des 2023
Ulanda B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, rustige plekkie. Baie lekker gebly. Dit was gerieflik en netjies. Die parkering is bietjie klein, maar dis nie so erg nie. Verder was dit ba...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gene Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 102

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Genie's Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
R500 R450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
R500 R450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed2f557b311cdcc5cecf7f0d1a34e37c282cc8ab7d1c00d01b818e07ccd05d16947790b59c6c92b01bc69659b6353def87db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R500 nouVanaf R450 per nag (plek vir 2) 61 5 1 5 1082 Pierneef Street Villeria 0186 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.721855547143 28.238450966998

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang