Gentle Presence Cottages
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 19 Jan 2025 tot 20 Feb 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromstraat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
-
Vanaf
R1 100R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Gentle Presence Cottages is een van die oudste huise in Clarens en is in die 1900's gebou. Dit spog met 'n ongelooflike uitsig op die Rooi- en Malutiberge en 'n uitsig oor Golden Gate in die verte.
Verblyf word in privaat kothuise met privaat ingang gebied.
Gentle Presence Cottage 1 bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea waar 2 kinders op 'n slaapbank geakkommodeer kan word. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en toegang tot 'n balkon. Daar is ook 'n gastetoilet.
Die kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit 'n TV en 'n braai-area in.
Gentle Presence Cottage 2 bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit 'n TV en 'n braai-area in.
Kothuis 1 en 2 het ook stoepe met buitemeubels en deel die gemeenskaplike tuin. Parkeerplek is agter geslote hekke op die perseel beskikbaar.
Gentle Presence Cottages is 300 m vanaf die dorpsplein geleë waar daar baie restaurante, koffiewinkels, winkels en kunsgalerye is. Clarens Gholflandgoed is minder as 3 km ver, die Golden Gate Nasionale Park is sowat 25 km ver en die Fouriesburg-grenspos na Lesotho is net 30 minute se ry ver. Onthou, 'n paspoort word benodig om Lesotho binne te gaan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Pat Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kromstraat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Gentle Presence Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromstraat 13, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang