Geranium Place
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Aidans Laan, Fir Tree Lodge 3, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Geranium Place is 'n sonnige tuinwoonstel in 'n stil en gerieflike kompleks wat binne stapafstand van skole, universiteite en die middedorp is in Makhanda (Grahamstown). Parkeerplek op die perseel word voorsien.
Die klein woonstel is geskik vir 2 gaste en het 'n oopplan-leefarea, -kombuisie en -slaaparea. Daar is 'n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met basiese verhit-en-eetgeriewe toegerus soos 'n yskassie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 3 gaste en daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.
Met 'n binnehof, swembad en braai-area op versoek is dit die ideale slaapplek wanneer gaste Makhanda (Grahamstown) besoek. Gaste kan ook hul gunsteling-kruie en -groente kies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- St Aidans Laan, Fir Tree Lodge 3, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Makhanda (Grahamstad) Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Aidans Laan, Fir Tree Lodge 3, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang