Gerty's Anchor
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselbankstraat 30, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R2 550 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Gerty's Anchor is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die gesogte kusdorpie Paternoster in die Weskus. Dit is ideaal vir familie en vriende wat ontspannende verblyf soek vanwaar hulle hul wegbreek kan geniet.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Al 4 die en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n binnebraai en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n etenstafel, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n braai, 'n omheinde tuin en veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf is naby winkels en restaurante. Die strand is ongeveer 170 m ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Gerritdene Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Mosselbankstraat 30, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Gerty's Anchor het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosselbankstraat 30, Paternoster, 7381, Wes-Kaap