Glen Avon Farm
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glen Avon-plaas, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Glen Avon-plaas is 'n pragtige, historiese plaas, aan die voet van die Boschberge, net 12 km vanaf Somerset-Oos (KwaNojoli), wat al vir 7 generasies in die familie is. Verblyf word gebied in kothuise wat slaapplek het vir 2, 5 of 6 gaste. Die kothuise is in 'n welige en rustige omgewing geleë wat 'n mens aan vervloë dae herinner.
Dié plaas is perfek vir 'n gesinswegbreek aangesien kinders hier aangemoedig word om deel te neem aan die daaglikse plaasaktiwiteite soos diere melk en waghou oor skape en bokke. Die plaasdamme is vol forel en baars vir vlieghengel.
Staproetes van wisselende lengtes is op die Glen Avon-plaas uitgelê. Vir diegene wat graag voëlkyk, is daar meer as 250 spesies en verskeie skaars voëls. Daar is ook verskillende bergfietsry-roetes op die plaas. Die historiese geboue, soos die watermeule, skeerskuur en die plaasopstalle vertel die storie van die taai Skotse voorvaders.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Fiona Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Glen Avon-plaas, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap
- Gaste dink Glen Avon Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 25 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glen Avon-plaas, Somerset-Oos, 5850, Oos-Kaap