Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Glen Maine Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ilkey-weg 67, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R1 040 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Glen Maine Guest House is in die stil sekuriteitsbuurt Lynnwood Glen geleë en bied gerieflik gemeubileerde verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers met maklike toegang tot die N1. Dis ook naby Menlyn, Time Square Arena, Lynnwoodbrug, Varsity College, Life Faerie Glen Hospitaal en Cintocare.

Die gastehuis bied 'n keuse van kamers en eenhede wat tussen 2 tot 4 mense kan akkommodeer en privaat ingange het. Die eenhede is ingerig met dubbelbeddens en driekwartbeddens, en elke kamer het 'n en suite-badkamer. Kwaliteit linne, komberse en handdoeke word voorsien vir ekstra gerief. Die lugversorgde eenhede is toegerus met yskaste, mikrogolwe, tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale en WiFi-toegang.

Die selfsorg-eenhede is toegerus met induksiestowe en mikrogolwe, yskaste en kombuisies. Al die kamers is nie-rook. 'n Wasgoeddiens, sowel as ontbyt, kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word. Daar is 1 parkeerplek per kamer op die perseel beskikbaar.

Gaste kan in die tuin ontspan en veilige parkeerplek word voorsien. Die gastehuis het ook sonkrag in geval van beurtkrag, en gaste kan van alle geriewe gebruik maak behalwe vir lugversorging en haardroërs.

Glen Maine Guest House is net 1 km vanaf die Menlyn Park Winkelsentrum, 2 km vanaf die Faerie Glen Hospitaal en die Time Square Casino, en 5 km vanaf die Wilgers Hospitaal.

Kenmerke

Afrikaans
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Madelein B
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies, gerieflik, veilig en rustig. Ons was baie vriendelik ontvang. Die plek was baie skoon en netjies. Het baie veilig gevoel en ligging was perfe...
Sien meer
Sep 2024
Sanette V
5.0
Heerlik en rustig - hier kon ons ontspan. Pragtige skoon en netjiese plek, baie stil en rustig. Ons gasvrou was baie aangenaam, vriendelik en behulpsa...
Sien meer
Sep 2024
Christine R
Saam met lewensmaat
5.0
Beste gastehuis in PTA. Mooiste plek. Gerieflik. Met die vriendelikste en hulpvaardigste diens.
Sep 2024
Tania D
5.0
Sorgvry en lekker. Baie dankie, jy was so vriendelik en jy het my kamer opgradeer sonder koste. Ek het dit hoogs waardeer en ek het baie lekker gebly.
Sep 2024
Magda V
Besigheidsreis
5.0
Pragtige kamers! Uitstaande diens! Alles pynlik netjies en skoon. Lekker!
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Nicky Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 68

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Ilkey-weg 67, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Glen Maine Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 040
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 040
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ilkey-weg 67, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28ec4e84cd752ec62e923c98d4bef4ec0633e06a6d903887b211732ed177440974fb29124cf10ecd13fae8b2475b95d265a8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 040 per nag, vir 2 mense 65 5 1 5 67 Ilkey Road Lynnwood Glen 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.777331965678 28.280460834503

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang