Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Glentana by the Sea

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Delina V
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Ons het heerlik ontspan in die gerief van hierdie huis. Puik. Dit was heerlik. Die huis is ruim met lekker groot slaapkamers en pragtige 180° uitsig op die see. Die lekker groot stoep met ingeboude braai het gesorg vir 'n heerlike kuierarea. Alles is mooi skoon en netjies. Elke gerief waaraan jy kan dink, is beskikbaar. Die huis is met smaak versier. Die gasvrou het ons dadelik welkom laat voel. Dit was beslis 'n groot bonus dat die huishulp ook vir ons beskikbaar was. Definitief nou op ons lys van gunstelinge.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Peter B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Vakansie by die see. Fantastiese plek, baie dolfyne gesien vanaf die stoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marianne
Glentana by the Sea
Baie dankie, Peter! Sien uit om julle weer te sien.

Josephine J
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2023

Dit was ongelooflik lekker. Die sea view by Glentana by the Sea is fantasties. Die see-uitsig was ongelooflik mooi. Die huis was netjies en veilig. Dit was beslis waarde vir ons geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lee D
Kort verblyf
4.2
Mrt 2024

Heerlike kuier, uitstekende ligging. Baie hulpvaardig en vriendelik, maar vir die geld wat hulle vra kan daar beslis aandag gegee word aan die gemak en netheid (linne, handdoeke). Sal aanbeveel dat hulle die plek teël, aangesien die matte 'n aardige reuk in die huis agterlaat. Meer ingelig wees vir loadshedding.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Daniel F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Apr 2023

Awesome views. Spacious house ideal for a big group. Lawn is a plus for the little ones. Ample parking. Plastic cups and plates for little people would be good.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ina A
Kort verblyf
4.4
Sep 2023

Verblyf was goed. Goed toegerus. Uitstekende uitsig. Netjies en skoon. Goed toegerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ionette S
Lang verblyf
3.8
Mrt 2023

Pragtige huis en uitsig. Kort meer kombuisgerei soos kastrolle, braaipan, goeie rasper, masher ens.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Marita M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Lekker groot leef- en kuier huis. Ons was daar vir swemgala in George. Dit was vinnig soggens George toe, so ideale blyplek. Saans kon ons lekker braai en ontspan na die gala op die stoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Saartjie C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Nov 2022

Al het die weer nie saamgespeel nie, was die kuier heerlik. Die huis het die mooiste uitsig oor die see. Baie netjiese, ruim huis vir heerlike familiekuiers. Klipgooi vanaf die strand. Die beste braaiplek met mooiste uitsig as die son sak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Beandri P
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Feb 2019

Absoluut wonderlike paradys by die see! Ons vakansie by Glentana by die see was wonderlik! Die huis is perfek ingerig met pragtige uitsig van die slaapkamers en ook die stoep. Elke oggend het ons die dolfyne dopgehou van die stoep af terwyl ons ontbyt geëet het. Die strand is lekker naby vir die kinders. Die boonste stoep by die slaapkamers was perfek vir privaat yoga nog steeds met wonderlike uitsig! Die slaapkamers en badkamers is heerlik ruim en het alles wat mens benodig. Die garage is nuttig vir beskerming van die son vir die Kar. Die oopplan kombuis/ sitkamer/ eetkamer is baie gerieflik en sosiaal en baie maklik om skoon te hou. Die grasperk voor die huis is perfek vir die kinders om te speel wanner die son te warm raak in die middle van die dag want die huis gooi goeie skaduwee oor die grasperk vir sensitiewe velletjies. Die braai-area was perfek vir enige weer en ‘n wonderlike plek om te entertain! Pragtige huis, pragtige ligging. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 16

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf R3 950
R3 950 R3 386
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 950
R3 950 R3 386
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbrasstraat, Glentana, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxMDg0NDU4LTgwOTItNDRlYS1iYjYyLTcyMmZkODYxMzZmMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 950 nouVanaf R3 386 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Steenbras Street Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.050323447706 22.31987179266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang