Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Glentana by the Sea

Spesiale Aanbod 14% af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jul 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbrasstraat, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 950 R3 386 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Glentana by the Sea is 'n gerieflike vakansiehuis met selfsorgfasiliteite. Gesinne klop hier aan vanweë die puik ligging en asemrowende uitsigte oor die see. Dit is minder as 100 m van die see af in die kusoord Glentana met sy Blouvlagstatus geleë. Glentana is veral gewild onder hengelaars en die strande is gemáák vir lang wandelinge soggens.

Die huis het plek vir 10 gaste op spesiale versoek en is volledig gemeubileer en toegerus met selfsorgfasiliteite. Die huis bestaan uit 4 dubbelslaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, sitarea, oopplan-eetarea en TV-area.

Drie van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die vier slaapkamer het dubbelbed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad in die hoofslaapkamer en 2 van die ander badkamers het 'n stort. Die derde badkamer het 'n bad.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Die TV-kamer het 'n slim-TV wat flieks en reekse kan stroom. Gaste wat DStv wil kyk moet op hul eie DStv-profiel op die TV inteken. Onbeperkte WiFi word voorsien, asook 'n kragomsetter vir beurtkrag.

Die huis het 'n onderdakstoep met buitemeubels en ingeboude braaigeriewe. Gaste kan heerlik langs die braaivleisvuur ontspan en hulself in die uitsig oor Glentana se pragtige strande verlustig. Daar is ook 'n tafeltennistafel sodat gaste 'n bietjie binnepret kan hê.

Die dubbelmotorhuis werk met 'n afstandbeheer. Die kamers word nie daagliks skoongemaak nie, maar 'n professionele skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Aktiwiteite in en om die omgewing sluit gholfbane soos die Oubaai Gholfbaan, Kingswood Gholflandgoed, George Gholfbaan, Mosselbaai Gholbaan en Fancourt Gholfbaan in. Daar is ook wildritte en verskeie voetslaan- en wandelpaaie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Delina V
5.0
Ons het heerlik ontspan in die gerief van hierdie huis. Puik. Dit was heerlik. Die huis is ruim met lekker groot slaapkamers en pragtige 180° uitsig o...
Sien meer
Aug 2024
Peter B
Saam met vriende
5.0
Vakansie by die see. Fantastiese plek, baie dolfyne gesien vanaf die stoep.
Mrt 2024
Josephine J
Saam met vriende
5.0
Dit was ongelooflik lekker. Die sea view by Glentana by the Sea is fantasties. Die see-uitsig was ongelooflik mooi. Die huis was netjies en veilig. Di...
Sien meer
Sep 2023
Daniel F
Gesin met klein kinders
4.6
Awesome views. Spacious house ideal for a big group. Lawn is a plus for the little ones. Ample parking. Plastic cups and plates for lit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Ina A
4.4
Verblyf was goed. Goed toegerus. Uitstekende uitsig. Netjies en skoon. Goed toegerus.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 16

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Steenbrasstraat, Glentana, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Glentana by the Sea het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 950
R3 950 R3 386
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 950
R3 950 R3 386
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbrasstraat, Glentana, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxMDg0NDU4LTgwOTItNDRlYS1iYjYyLTcyMmZkODYxMzZmMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 950 nouVanaf R3 386 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Steenbras Street Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.050323447706 22.31987179266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang