Goedehoop Accommodation
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Goedehoop Accommodation is 'n ateljeewoonstel in die gesogte Goedehoop-area in Somerset-Wes.
Dir ateljeewoonstel is op die eienaar se perseel geleë, maar het 'n privaat ingang, onderdakparkeerplek en is agter 'n afstandbeheerde hek. Daar is slaapplek vir 2 gaste en dit beskik oor 'n oopplan-sitarea en -kombuisie, asook 'n badkamer met 'n stort. Die slaaparea het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n reënstort, wasbak en 'n toilet. Toiletpapier, handdoeke en seep word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond, broodrooster, braaipan, induksieplaat, pot, pan, eetgerei en breekware toegerus. Melk, suiker, skottelgoedseep, 'n waslappie en 'n afdrooglap word voorsien.
Die woonstel lei na 'n privaat tuin met vuurput-braaigeriewe. 'n Rooster en vuuraanstekers word voorsien en hout kan vooraf teen 'n ekstra koste gereël word.
Die verblyf het 'n omsetter met 'n rugsteunbattery en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Die woonstel is naby al die hoofroetes geleë en is slegs 45 km van Kaapstad. Die Strand se witsand-strand is net 8 km ver en Somerset Mall, Mediclinic Vergelegen en Busamed Paardevlei Privaat Hospitaal is ook naby geleë.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Annette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink Goedehoop Accommodation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Goedehoop-weg 7, Goedehoop, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang