Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Goedewater Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Goedewater-plaas, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Goedewater Cottage is 'n selfsorg-eenheid wat op 'n plaas, 15 km buite Machadodorp geleë is. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike dog basiese verblyf, weg van die gewoel van die stadslewe. Goedewater Cottage is minder as 1,5 km in die pad van The Silver Sixpence-trouplek af geleë.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is ruim en bevat 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n ketel, stoof en oond.

Die leefarea het gemaklike sitplek en daar is 'n tafel met stoele vir 6 persone. Gaste is welkom om van die braaigeriewe buite die kothuis gebruik te maak. Doendinge wat op die plaas geniet kan word, sluit perdry, baarshengel en kleiduifskiet in.

Daar is ook 'n oorvloed stap- en bergfietsroetes op die plaas, asook oorgenoeg geleenthede vir voëlkyk. Goedewater Cottage is ook 'n entjie se ry van die Kloppenheim Country Estate af, wat spa-geriewe, 'n kroeg en 'n restaurant bied.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Liana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Goedewater-plaas, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink Goedewater Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Goedewater-plaas, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwZWM1MjBiLWY0ZTEtNDQ0Ni05Y2Q1LTI1NzhjOWQwZGQ1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense 13 5 1 5 Farm Goedewater Machadodorp 1170 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.660666666667 30.179194444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang