Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Going Back West

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schapenjacht Circle 1066, Langebaan Country Landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 920 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Going Back West is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is op die strandmeer in Langebaan aan die Weskus. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n kusvakansie saam met familie en vriende sowel as gholf-entoesiaste aangesien dit in die Langebaan Country Estate geleë is.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die oorblywende 3 badkamers is elk toegerus met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die uitgestrekte oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het 'n battery en 'n omskakelaar vir kragonderbrekings.

Hierdie sitkamer het skuifdeure wat oopmaak na 'n omheinde patio met 'n 8-sitplek-etenstafel en 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Gaste het volle toegang tot die landgoed se doendinge op die perseel soos 'n gimnasium, tennisbaan, gemeenskaplike swembad en 2 restaurante asook fietsry- en staproetes.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Going Back West
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Schapenjacht Circle 1066, Langebaan Country Landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Going Back West het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 920
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 920
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schapenjacht Circle 1066, Langebaan Country Landgoed, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8476d8cb6fe318ded2b7bf08acb58a507426618d11ccd21ee6ed1bcb0dfc0260a68d6fdf574d6a9879be8eb5b2b6fc4cac75?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 920 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 1066 Schapenjacht Circle Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.071655068975 18.048584898857

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang