Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Golden View Luxury Self-Catering

Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Sep 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Besterstraat 235, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 500 R1 125 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Golden View Luxury Self-Catering is in die pragtige dorp, Clarens, geleë en bied verblyf in 3 selfsorgeenhede. Dié eenhede is ideaal vir paartjies, groepe of 'n gesin wat die area besoek of op pad is na Lesotho.

Die Rustic Red-ateljeewoonstel is 'n moderne woonstel met unieke en eklektiese dekor. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat luuksheid, ruimte en styl soek. Dié oopplan-ateljeewoonstel het 'n koningingrootte-bed, 'n groot hoekbad en 'n stort. Daar is ook 'n leefarea, eetarea en kombuis wat volledig toegerus is. Daar is 'n afskorting wat die woonstel meer privaat maak.

Die Contain the View-kothuis is 'n selfsorgeenheid met 2 stylvolle slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuisie. Gaste het ook toegang tot 'n unieke, privaat buitebad.

Die Willow Rest-huis is 'n ruim drieslaapkamerhuis wat ideaal is vir 'n groot gesin met kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die ander 2 slaapkamers het albei koningingrootte-beddens. Daar is 2 badkamers, waarvan die een 'n bad en die ander 'n stort het. Verder is daar 'n eetkamer en 'n moderne kombuis. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, groot yskas, mikrogolf en koffiemasjien toegerus. Buite is daar 'n boma-area, perfek vir onthaal.

Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Golden View Luxury Self-Catering is stapafstand vanaf die middedorp met oulike winkeltjies, kunsgalerye en restaurante. Gaste kan ook net ontspan en die pragtige 180°-uitsig op die Malutiberge bewonder.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Jaco C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulike plek. Baie oulike plek sal weer gaan.
Mei 2024
Gerda G
Saam met lewensmaat
5.0
Uitsig was spektakulêr. Die plek was mooi skoon en netjies, presies soos die foto wys. Die uitsig was spektakulêr. Jammer dat die plafon nie klankdig ...
Sien meer
Jan 2024
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Eenheid is baie goed ingerig en is keer op keer verras. Voorsiening was gemaak vir koue aande en die donkertye van beurtkrag.
Jul 2023
Pieter V
Saam met vriende
5.0
Gerieflik en rustig. Knus en lekker verblyf. Die kaggel maak dat voor vetrek lekker warm is en met load shedding was die kaggel ideaal vir Clarens in ...
Sien meer
Jun 2023
Reinette B
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend. Ek sal graag elke oggend in so 'n vertrek met so 'n uitsig wil wakker word. bliss!
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Jolena Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 138

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Besterstraat 235, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Golden View Luxury Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
R1 500 R1 125
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 500
R1 500 R1 125
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Besterstraat 235, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca50fc381f8531363c1b90d45ba157be3283c3ba44cf669bd4c61e4da4a6578a10284b4f76e0cc9cfdcabe83129394316e64?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 125 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 235 Bester Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.51879358165 28.421038091183

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang