Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Golf Paradys

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17de Laan 27, Mosselbaai-Sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Golf Paradys is in die hartjie van Mosselbaai naby die hawe en veilige swemstrande geleë. Dié hawedorp is op die Tuinroete en is bekend vir sy stewelvormige poskantoor, die Garden Route Casino, 60 km van goue strande en 'n reeks natuurlike, kulturele en geskiedkundige besienswaardighede.

Golf Paradys het 'n huis met slaapplek vir 6 gaste en 'n selfsorg-eenheid met slaapplek vir 2.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het albei dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, ingeboude kaste en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 leefareas met genoeg sitplek en 'n eetarea met 'n tafel en 8 stoele. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n waskamer met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër. Die huis het ook WiFi.

Twisting By The Pool het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer wat 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Die eenheid is oopplan en het 'n kombuis met 'n stoof, mikrogolf, yskassie en 'n ketel. Ander geriewe in die kamer sluit WiFi, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in.

Veilige onderdakparkeerplek met geslotekringtelevisie is agter 'n hek met afstandbeheer beskikbaar. Die tuin het 'n groot swembad, braaigeriewe en buitesitplek. Privaat skubalesse kan in ons swembad gereël word.

Besienswaardighede in die omtrek sluit die Life Bay View Privaat Hospitaal, Mosselbaai Gholflandgoed en St Blaize-voetslaanroete in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Stehan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 17de Laan 27, Mosselbaai-Sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Golf Paradys het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 17de Laan 27, Mosselbaai-Sentraal, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjWqLmcuceMz7wLy3LWBtWJXHlkNMVYAYb3KelpuUfmO9SJput5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 27 17th Avenue Mossel Bay Central 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.187286104897 22.132608937504

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang