Gooderson Leisure Riverbend Chalets Self Catering and Timeshare Gold Crown Resort
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 72 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Garden-weg, Drakensberg Garden, 3257, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 859R1 580 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gooderson Leisure Riverbend Chalets Selfsorg en Timeshare Gold Crown Resort is in die skilderagtige Drakensberg Garden geleë en spog met 'n uitsig oor die welige landskappe en op die majestueuse Drakensberge. Die oord het 'n restaurant, speelarea vir kinders en 'n swembad.
Dié chalet beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer en bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea.
Die leefarea beskik oor 'n eet- en sitarea wat gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV het. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus.
Veilige parkeerplek, braaigeriewe en gratis WiFi is beskikbaar. Die oord se restaurant het 'n à la carte- en buffet-spyskaart en gaste kan 'n drankie by die kroeg geniet. Daar is ook 'n spa- en pamperlangsentrum, 'n klein gholfbaan en 'n tennisbaan.
Gaste kan verskeie aktiwiteite in die omgewing geniet en sluit gholfspeel en perdry in. King Shaka Internasionale Lughawe is 3 uur en 30 minute se ry weg.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Gooderson
Leisure
Eiendomme 6
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- Drakensberg Garden-weg, Drakensberg Garden, 3257, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 72 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Garden-weg, Drakensberg Garden, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang