Gordon's Guest House
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highfieldstraat 25, De Waterkant, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Gordon's Guest House is 'n smaakvol ingerigte gastehuis wat in die hartjie van die oulike en geskiedkundige deel van die ou Kaapstad, die De Waterkant-dorpie, geleë is. Die De Waterkant-area word 24 uur per dag gepatrolleer en is baie veilig om tussen al die nuwerwetse restaurante, kroeë en nagklubs rond te loop. Die area is baie sentraal met oorgenoeg openbare vervoer, en is net 10 minute se stap vanaf die bekende V&A Waterfront en die bedrywige middestad.
Verblyf word gebied in 'n dubbelgastekamer wat beskik oor 'n ekstra-lengte dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n termostatiese stort en verhitte handdoekrelings. Kamergeriewe sluit 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n HD-TV en AppleTV-konsole vir mediavermaak, en gratis hoëspoed-WiFi in.
Die gastehuis het 'n leefarea met 'n HD-slim-TV met 'n BluRay-speler, 5.1 digitale omringklank, en Netflix en YouTube.
Ontbyt kan op versoek voorsien word teen 'n ekstra fooi. Braaigeriewe, insluitend hout- en vuuraanstekers kan gereël word vir gaste se gebruik op versoek. Lughawependeldiens en fietshuur kan albei gereël word teen 'n ekstra fooi. Daar is gratis parkeerplek reg buite die gastehuis.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.2/5
Gordon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Highfieldstraat 25, De Waterkant, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Gordon's Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highfieldstraat 25, De Waterkant, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang