Goukamma - Mvubu Bush Lodge
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goukamma Natuurreservaat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R2 220 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Goukamma - Mvubu Bish Lodge is ’n verhewe selfsorg-houtkothuis met 'n grasdak in ’n melkhoutwoud in die Goukamma Natuurreservaat. Die Goukamma Natuurreservaat en Marine-bewarea is op die Tuinroete tussen Sedgefield en Knysna. Dit het ’n verskeidenheid fassinerende habitatte en ’n oorvloed kleinwild, voëls en visse. Dit is ook ’n Wêrelderfenisgebied.
Die reservaat is 2500 hektaar groot en het ’n woud wat melkhoutbome, geelhoutbome en kershoutbome insluit. Blouape, bosbokke en bosvarke, sowel as ystervarke, meerkatte, ratels en grysbokke word in dié bewarea beskerm. Dit is ’n gewilde bestemming vir voëlkykers, aangesien die Goukammarivier en die Groenvlei-meer ’n habitat vir meer as 220 voëlspesies is, insluitend die skaars swarttobie. Daar is 2 tipes inheemse en 4 tipes uitheemse visspesies in die Groenvlei-meer. Tussen Junie en November kan gaste die suidelike noordkaperwalvis sien. Bottelneus- en boggelrug-dolfyne speel deur die jaar in die golwe. ’n Goeie tyd om die reservaat te besoek is in September en Oktober, wanneer die eerste lenteblomme tussen die fynbos groei.
Mvubu Bush Lodge bied verblyf aan tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed, plafonwaaier en ’n en suite-badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ’n plafonwaaier. Die tweede badkamer het ’n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die sitarea het banke en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea lei na ’n groot dek met buitesitplek en ’n Weber-braai wat met gas werk. Die dek bied uitstekende uitsigte oor die meer. Daar is ’n dubbel-kano beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Trade Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 32
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Goukamma Natuurreservaat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goukamma Natuurreservaat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang