Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gouritz SeeHuisie

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 1 Des 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R798 R718 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Gouritz SeeHuisie is 'n lieflike huisie in Gouritsmond, 'n bekoorlike toeristedorpie. Die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming en 'n rustige hawe om by te ontspan.

Hierdie knus selfsorghuisie het 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n aparte opwasarea met 'n wasmasjien en 'n wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike slaapbank, 2 stoele, 'n TV en 'n etenstafel.
Daar is ook 'n braai-area en 'n piekniektafel waar gaste lekker kan ontspan asook 'n heerlike groot grasperk vir kinders om te speel.

Die huis maak van sonkrag gebruik. Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel agter 'n elektriese hek is beskikbaar.
Gaste het privaatheid weg van die hoofhuis af.

Die huis is naby die hoofstrand en strandmeer. Gouritsmond is ideaal vir besoekers wat op soek is na 'n wegbreek weg van die stad se gedruis. Besoekers kan die verkeidenheid voëllewe en wild sien, die strand verken en in seisoen gaan walviskyk. Konyne, hase, bokke, fisante en uile besoek gereeld die eiendom. Die dorp het 'n paar winkels en restaurante wat heerlike kos bedien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Mandjie met peuselhappies
  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Wilna P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf! Uit die boonste rakke! Ons wildste verwagtinge is oortref tydens ons verblyf! Alles en nog meer wat ons benodig het, is voorsien,...
Sien meer
Okt 2024
Irida S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende huisie by die see. Elna is super gasvry en Seehuisie is die mees toegeruste verblyf ooit! Smaakvol en stylvol! Kort entjie se stap see toe...
Sien meer
Sep 2024
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons verblyf was heerlik. Ons gaan beslis weer kuier. We arrived as guests and left as friends. Wat 'n pragtige plekkie om in te bly. Alles wat jy nodi...
Sien meer
Sep 2024
Robert F
Saam met lewensmaat
5.0
Customer service excellence. We had a fantastic stay. Elna and Mark are offering a splendid place to rest.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Riana V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly en rustig verkeer. Baie goed ingerig en baie netjies ontvang.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gouritz SeeHuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R798
R 798 R 718
per nag (plek vir 4)
Vanaf R798
R 798 R 718
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2437c5fda7fbba82e98402fcb10b670b59b64c0dc27987cff5116e08e592ffa19240d9812246a32c07d5712d18efef0ea84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R798 nouVanaf R718 per nag (plek vir 4) 27 5 1 5 6 River Street Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.351124305638 21.88101323684

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang