Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Goxhill Trout Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Goxhill Trout Lodge bied selfsorgplaasverblyf op 'n werkende melkplaas, Goxhill Farm, in die pragtige Underberg-area. Ontsnap na die platteland, ontspan en geniet die pragtige buitelewe by Goxhill Farm wat in die voorheuwels van die skouspelagtige Suidelike Drakensberg geleë is.

Die plaas is op die grens van die Himeville Natuurreservaat geleë en ander wildgebiede soos Loteni, Cobham, Garden Castle, Vergelegen en Coleford, is net 'n entjie se ry weg. Gaste kan die plaaslewe ervaar, en 'n toer neem deur die werkende melkery waar 1500 koeie daagliks gemelk word. Die plaas is 'n paradys vir voëlkykers, en daar is baie staproetes en fietsryroetes naby.

Selfsorgverblyf word aangebied in die Main Farmhouse Lodge, en 4 plaaswerfkothuise, naamlik Farmhouse Cottage, Stables Cottage, Kingfisher Cottage en Fish Eagle Cottage.

The Main Farmhouse Lodge is 'n gemoderniseerde historiese plaashuis wat 10 gaste in 4 pragtig toegeruste slaapkamers kan akkommodeer. Die 'gracious lady', wat meer as 100 jaar gelede gebou is, is deurgaans met mat en geteël, en het 'n manjifieke kaggel vir daardie koue aande. Die plaashuis het 'n volledig toegeruste kombuis.

Die kothuise is in 'n pragtige tuin geleë en bied beperkte selfsorggeriewe. Die kothuise is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, kooktoebehore en braaigeriewe.

Goxhill spog met die grootste meer in die Underberg-omgewing. Die Polela-rivier wat deur die meer loop, bied 'n natuurlike broei-omgewing vir forel, wat vissermanne die geleentheid bied om hul vaardighede teen 'wilde forel' te stel, 'n opwindende uitdaging vir beide gesoute hengelaars en nuwelinge tot die sport. Daar is ook 'n tweede, kleiner dam op die plaas, wat deur die Underberg Himeville-forelhengelklub bestuur word.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Goed

Netheid
3.3
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.6
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Victor Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Goxhill Trout Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8f42be0a4d08e236e6c494a88369ce27cb88d0863ce8ed7297f28711b3e08138eb54046fe80b33b6249ffcd063d3ce5150e6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 8 5 1 4 Goxhill Farm Mackenzie Street 3256 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.7476173 29.533673328836

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang