Goxhill Trout Lodge
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Goxhill Trout Lodge bied selfsorg-plaasverblyf op 'n melkplaas, Goxhill Plaas, in die pragtige Underberg-area. Gaste kan die pragtige platteland geniet hier aan die voetheuwels van die Suidelike Drakensberge.
Die plaas is op die Himeville Natuurreservaat se grens geleë, en is ook naby ander wildareas soos Loteni, Cobham, Garden Castle, Vergelegen en Coleford. Gaste kan die plaaslewe ervaar waar 1500 koeie daagliks gemelk word. Die plaas is 'n voëlkykersparadys en daar is verskeie voetslaanpaaie en fietsryroetes naby.
Verblyf word in die Hoof Plaashuis en 4 plaaskothuise gebied naamlik Farmhouse Kothuis, Stables Kothuis, Kingfisher Kothuis en Fish Eagle Kothuis.
Die Hoof Plaashuis is 'n gemoderniseerde, historiese plaashuis wat slaapplek aan 10 gaste in 4 pragtige kamers bied. Dié huis is 'n 100 jaar gelede gebou en het 'n lieflike kaggel. Daar is 'n kombuis wat volledig toegerus is.
Die kothuise is in 'n pragtige tuin geleë en bied beperkte selfsorggeriewe. Elke kothuis het 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, kookgerei en braaigeriewe.
Goxhill spog met die grootste meer in die Underberg-area. Die Polela-rivier wat hierdeur loop het talle forel, wat wonderlike visvanggeleenthede bied. Daar is ook 'n tweede, kleiner dam op die plaas wat deur die Underberg Himeville Forelvisvangklub bestuur word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Victor Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Goxhill Trout Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goxhill Plaas, Mackenzie-straat, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang