Grace
Kry 30% af vir verblyf voor 14 April 2025. Bespreekbaar tot 21 Feb 2025
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fraserstraat 32, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 000R2 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Grace is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Sedgefield. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of 2 wat die skilderagtige Tuinroete wil verken.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Stort is beskikbaar in die derde badkamer.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan. Hierdie eiendom het ook 'n binnebraaikamer vir die kouer winterdae. Tydens beurtkrag word hierdie eiendom deur sonpanele gerugsteun.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Fraserstraat 32, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Groenvallei Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fraserstraat 32, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang