Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grace Accommodation

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.2
Veiligheid
4.2
Nicolaas H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Baie goed en vriendelik ontvang. Baie vriendelik. Die pad waarheen ons gegaan het vir ons onthaal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lance B
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2023

Baie aangenaam gewees. Retha en Chris baie vriendelik met inboek gewees en alles mooi verduidelik. Retha ons selfs later in die aand gebel om te hoor of ons koud kry, want dit was winter gewees. Hulle het ook nie gehuiwer om 'n verwarmer vir ons te bring nie. Ons sal weer daar oornag.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Retha
Grace Accommodation
Ek waardeer julle positiewe resensies geweldig, hoop om weer te sien, Groete Retha.

Lesinda V
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Jan 2024

Teleurgesteld. Dit word geadverteer as 'n gastehuis vir sakemense, maar daar is geen WiFi beskikbaar nie. Die bed was nie 'n kingsize nie, dit was 'n queen en baie ongemaklik. Dit is omtrent dieselfde prys wat jy buite seisoen by die see betaal, en dan is daar nie die twee basiese goed wat mens verwag van 'n gastehuis nie? WiFi en 'n gemaklike bed om op te slaap! Die swembad area kort werk. Die kamer binne was netjies.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Retha
Grace Accommodation
Ek neem kennis, Lesinda. Ek wil jou egter net korrigeer met die feit dat die kamer 'n queen-size bed het, soos geadverteer. Asook dat ons nie WiFi as 'n kenmerk in ons advertensie het nie.

Carlien D
1 nag Besigheidsreis
1.0
Jul 2024

Not worth the money or hassle. Low budget garage, no tiles, only concrete floor. The owner complained immediately about smoke, even though no one smoked inside. The owners are accusing people without reason. I will never stay or suggest this place.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Riaan V
1 nag
3.4
Apr 2023

Gasheer onvriendelik. Gasvrou nie ontmoet nie. Slegs op telefoon gepraat en klink meer vriendelik. Gasheer baie onvriendelik en sarkasties. Hulpvaardig, maar met sarkastiese aanmerkings. Vir seker ook nie die eenheid wat ek bespreek het nie. Was maar te bly oor verblyf aangesien ek van ver reis. Meld wel dit is "Self Catering" maar begin tee, koffie, suiker ens. word voorsien, maar daar was vir seker geen suiker nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Retha
Grace Accommodation
Hi Aj Jammer dat jy man as sarkasties beleef het, hy het dit glad nie so bedoel nie. Ek sal graag wil noem dat jy in my ruim kamer,nl. Saffier geslaap het en nie die kleiner kamer ,soos bespreek was nie. Jy kon gerus kom vra het vir suiker,maar soos jy dit noem,is dit self-catering. Maar ons sit graag gewone tee,rooibos tee,koffiessakkies melk,suiker, 2 beskuitiies, uit en 2 sjokolade lekkertjies vir mense om welkom te voel.

Anonieme gas
Kort verblyf Besigheidsreis
2.6
Aug 2023

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0

Wilna M
1 nag Saam met lewensmaat
2.6
Feb 2023

Net paar minute gebly en toe gery. Ek is baie spyt dat ek nie foto's geneem het nie, maar my volwasse dogter was saam met ons. Sy het 'n aparte kamer gehad. Die man wat ons ontvang het, was vriendelik maar het 'n opmerking teenoor my dogter gemaak wat haar hewig ontstel het. Die foto's is seker baie lank terug geneem, want die kamers lyk nie so nie. Die gordyne is vuil, die toilette is bruin binne. Die beddegoed lyk heel anders as op die foto. Die eienaar was baie tegemoetkomend om ons effens vroeër te laat inboek. Ons het vroeg die oggend vir my moeder se troosdiens geland. Ons kon nie daar bly nie. Ek het daar bespreek omdat kamers met twee enkelbeddens baie skaars is. Ons ander dogter het later vanaf Rustenburg gearriveer en daarom het ons 'n kamer met twee enkelbeddens benodig.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0
Retha
Grace Accommodation
Hi Wilna, baie jammer oor jul negatiewe ondervinding, Groete, Retha.

Rina M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Satisfied. Heater not working, also no electrical blankets.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Paul B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Skoon en alles wat jy nodig het. Lekker geslaap in 'n skoon plek met alles wat werk en alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Retha
Grace Accommodation
Ek waardeer dit Paul.

Hendrik V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2022

Sien sterre. Wonderlike mense, gasvry en baie hulpvaardig. Gesels lekker en dit is asof jy by familie is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Retha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krugerlaan 177, Lyttelton Manor, Uitbreiding 1, Pretoria, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAN1kKlUI6OtIrhwFwXNwq3oFcrDPgP7GhoMizONCq5QRYBxbJ1t?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 58 5 1 5 177 Kruger Avenue Lyttelton Manor, Extention 1 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.825722222222 28.208944444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang