Grace Country Retreat
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 72 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
-
Vanaf
R720R504 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Grace Country Retreat is in Memel geleë, 'n klein dorpie in die noordoostelike deel van die Vrystaat tussen KwaZulu-Natal en Mpumalanga.
Akkommodasie word gebied in 8 selfsorg-eenhede met 'n oopplan-sitkamer, slaapkamer en kombuis in elkeen. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op vooraf versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Driedubbele-eenheid met 3 enkelbeddens en 'n gesinseenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed is ook beskikbaar. Die en suite-badkamers het elkeen 'n bad en stort.
Die sitarea het 2 gemakstoele en die kombuis het 'n toonbank met 2 stoeltjies, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en gasstoof met 4 plate. Daar is breekware, eetgerei en kookgerei in die kaste.
Die koffiewinkel op die perseel bied ligte etes, aandete en ontbyt (moet vooraf bespreek word) en daar is geskenke, skryfbehoeftes, DVD's en boeke te huur of koop. Braaigeriewe en piekniekmandjies is ook beskikbaar.
Let asb. op dat daar nie 'n TV of radio in die eenhede is nie, sodat gaste behoorlik kan rus. Gratis WiFi is teen 'n lae tarief beskikbaar en daar is kaartgeriewe op die perseel.
Grace Country Retreat is aan die buitewyke van dié klein dorpie in die Noordoostelike Vrystaat en bied doendinge soos voetslaanroetes, nuwe bergfietsroetes, perdry op sekere plase en besoeke aan die gewilde Seekoeivlei Natuurreservaat. Dit is ook stapafstand vanaf plaaslike besighede, soos die Memel Hotel, Memel Museum, Daisy's Gift Shop, Hartland Oase Restaurant en die Blaauwhuis-museum en -koffiewinkel.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 59
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
- Gaste dink Grace Country Retreat het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 72 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang