Stay! In Clarens
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat
-
Vanaf
R885R620 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stay! In Clarens is in die asemrowende dorpie Clarens, in die Oos Vrystaat geleë. Die dorpie lê aan die voet van Mount Horeb en is omring deur die Rooiberge. Clarens is slegs 20 min se ry vanaf Golden Gate Nasionale Park en 20 min se ry vanaf die watertonnels in Fouriesburg.
Die gastehuis bied verblyf in 3 en suite-eenhede. Die eerste eenheid, Promise, is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed, 'n in suite-badkamer, aparte kuierarea met kaggel en 'n selfsorgkombuisie. Promise is semi-rolstoelvriendelik. Die tweede eenheid, Festive, is toegerus met 'n dubbelbed, sowel as 'n enkelbed in 'n aparte vertrek, 'n in suite-badkamer met 'n stort en toilet en 'n aparte selfsorgkombuisie. Die derde eenheid, D'Light het 'n koningingrootte-bed, 'n in suite-badkamer met 'n stort en toilet, en 'n aparte selfsorgkombuisie. Elke eenheid het 'n kroegyskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n induksieplaat en mikrogolfoond. Gaste kan dus hul eie maaltye voorberei, of kies tussen die wye verskeidenheid restaurante in die area. Al drie eenhede het hulle eie ingange vanaf die patio. Daar is ook braaigeriewe in die lieflike voëltjie en byvriendelike tuin met berguitsig.
Die Hoofhuis bestaan uit 2 slaapkamers elk met 'n dubbelbed. Die hele huis is rolstoelvriendelik. Die huis is baie ruim en luuks en volledig ingerig vir familiekuiers. Daar is 2 enkelbeddens in die oopplan sit-eetkamer-kombuis vertrek. Daar is 'n 10 sitplek eetkamertafel, 6 plaat Elba gasstoof en 'n groot staan yskas en vrieskas. Hoofuis het 'n badkamer met stort en toilet, sowel as 'n aparte gaste toilet. Die hele eenheid is 100% rolstoelvriendelik en ook troeteldrievriendelik. Troeteldiere word baie streng, slegs op aanvraag gekeur en toegelaat. Die huis het 2 privaat ingange, sowel as 'n privaat braai area en grasperk. Die erf is volledig omhein en bied veilige parkeerplek vir ten minste 6 motors. Die Gastehuis is in 'n veilige, stil buurt geleë, loopafstand van die Village Square af.
Die dorpie bied 'n wye verskeidenheid van restaurante, winkels en kunsgallerye aan, sowel as perderitte, 4x4 roetes, dinosuarustoere, sterrekyk toere, Clarens Xtreme aktiwiteite, menige staptoetes, kaasplase, bier brouerye, en baie ander interessanthede. Daar is ook 'n menigte van feeste wat deur die jaar aangebied word soos bv. Bierfees, Kwiltfees, Volksiefees, Musiekfeeste, Bergwedlope, fietswedrenne, motorfiets wedrenne en saamtrekke en nog baie interessante gebeurlikhede.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jaco en Lindi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 181
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Stay! In Clarens het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Swartstraat 484, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang