Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Graceland

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Graceland is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van die bosveld in 'n natuurreservaat. Dit skep 'n rustige atmosfeer vir gaste wat van die stad se gewoel wil ontsnap.

Hierdie eiendom bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis, eetarea en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lugversorging. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer is 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Die twee badkamers het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en een badkamer het slegs stort wasbak en toilet. Slegs linne word voorsien, gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het 'n tafel met stoele waar gaste maaltye kan geniet. Langs die eetarea is daar 'n leefarea met voorafbetaalde lugversorging, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Buite op die stoep is 'n tafel met stoele en 'n Jacuzzi waar gaste kan kuier en die lowerryke omgewing kan geniet. Die braai-area is 'n lekker kuierarea met 'n boma en plonspoel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

By Graceland het gaste die geleentheid om wild te sien. Dit is 'n gesellige huis en omgewing waar gaste weer in voeling met die natuur kan kom en lekker ontspan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Fanie S
5.0
Baie lekker gekuier en als is daar wat mens nodig het, selfs 'n swembad en jacuzzi. Ek en my seun het baie lekker gebly, die huis het als gehad wat me...
Sien meer
Des 2024
Hannes S
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig in die natuur. Baie lekker plek, mooi tuin en braai area.
Nov 2024
Gerda H
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Waarde vir geld, netjies, gerieflik! Gemaklik. Wat 'n heerlike ervaring het ons nie beleef by Graceland! Dit is voorwaar 'n stukkie parady...
Sien meer
Nov 2024
Annelie T
5.0
Ruim, skoon en pragtige diere elke dag. Ons het vreeslik lekker gebly. Die huis is ruim genoeg om nie in mekaar se pad te wees nie. Dit was vir ons be...
Sien meer
Mei 2024
Stephanie V
Saam met vriende
5.0
Home away from home. Ons het baie lekker gebly.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Deirdre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
  • Gaste dink Graceland het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lobelia 766, Leeupoort Vakansiedorp, Thabazimbi, 0136, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA390cd51766ca077f7553c6457a7f45f6f69561a6e833eb99aa6e0a82b0df19290aafed075bb3904829da607638c473e33c28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 10 mense 10 5 1 5 766 Lobelia Leeupoort Vakansiedorp 0136 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.925593189844 27.639266669312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang