Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gracie's Cottage

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2024 tot 29 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 395 R930 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gracie's Cottage is 'n smaakvol versierde selfsorgeenheid in die rustige dorp Clarens in die Oos-Vrystaat. Die dorp skuil aan die voet van die Horebberg en dis minder as 'n halfuur se ry vanaf die Golden Gate Nasionale Park.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea en die slaapkamer lei elkeen na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die uitsig oor die tuin aanskou. Die kothuis is naby verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Melinda V
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en rustig. Gracie het ons baie vriendelik verwelkom, ek moet net sê sy bak die lekkerste beskuit. Wat 'n pragtige cottage met die mooiste kunswer...
Sien meer
Sep 2024
Johan J
Saam met lewensmaat
5.0
Aangename verblyf. Gasvrou aangenaam, vriendelik en hulpvaardig. Gerieflike en netjiese verblyf.
Sep 2024
Hendrik K
Saam met lewensmaat
5.0
Tien uit tien! Elke aspek van ons verblyf by Gracie's Cottage was uit die boonste rakke! Die blyplek is ideaal vir die egpaar wat bietjie weg van die ...
Sien meer
Sep 2024
Andrew H
Saam met lewensmaat
5.0
Just what we were looking for. Perfect for us! Well equipped, comfortable, peaceful. Grace is an excellent hostess; we'd have no reserv...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Willie V
Saam met lewensmaat
5.0
Gracie, jy is 'n 10 uit 10. Een van die beste gastehuise in die land waar ons al oor geslaap het. Volledig toegerus. Moeite is gedoen om gaste so gema...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Grace Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Gracie's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 395
R1 395 R930
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 395
R1 395 R930
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87d51471632b0121ecb3706a4a1604210492b3cfa567370e68d042a938939f0bb320abeeb6f5b3a4fa98bdbe477302c597f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 395 nouVanaf R930 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 19 Hill Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.520891687743 28.414405363824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang