Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gracie's Cottage

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2025 tot 25 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 050 R1 367 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gracie's Cottage is 'n smaakvol versierde selfsorgeenheid in die rustige dorp Clarens in die Oos-Vrystaat. Die dorp skuil aan die voet van die Horebberg en dis minder as 'n halfuur se ry vanaf die Golden Gate Nasionale Park.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea en die slaapkamer lei elkeen na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die uitsig oor die tuin aanskou. Die kothuis is naby verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Daniel B
Saam met lewensmaat
5.0
Great experience, definitely to be recommended! The guest house is well located in close proximity to mountainous hiking trails; the Cl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Deon G
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was een van ons lekkerste kuiers in Gracies Cottage. 100%. Dit was heerlik om na 'n lang rit in so 'n lekker bederfplek in te stap. Baie meer as w...
Sien meer
Feb 2025
Pieter L
Saam met lewensmaat
5.0
In totaal 'n heerlike verblyf. Baie lekker gekuier, sal weer wil doen.
Des 2024
Sarah M
Saam met lewensmaat
5.0
Gracie Cottage was the peace and quiet. A homey, peaceful, quiet and beautiful stay. Gracie is a very lovely person and very helpful. S...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
De Villiers D
Besigheidsreis
5.0
Gerief, netjies, skoon en tussen die mooiste berge. Dit is 'n besonder gemaklike en uiters netjiese kothuis. Alles wat jy benodig, is daar. Grace is o...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Grace Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Gracie's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf R2 050
R 2 050 R 1 367
per nag, vir 2 mense
Vanaf R2 050
R 2 050 R 1 367
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87d51471632b0121ecb3706a4a1604210492b3cfa567370e68d042a938939f0bb320abeeb6f5b3a4fa98bdbe477302c597f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 050 nouVanaf R1 367 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 19 Hill Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.520891687743 28.414405363824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang