Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Door Guest Cottage - Noorderstraat

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Alta D
1 nag
5.0
Mei 2024

Onverbeterlik! Wat 'n fantastiese verblyf: Ruim, uiters netjies, met 'n pragtige privaat tuin. Dankie, jy's 'n lewensredder!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Dankie Alta. Ek waardeer jou mooi review. Die personeel van Green Door probeer ons uiterse bes om 'n goeie diens aan ons gaste te lewer. Ons is dankbaar wanneer gaste soos jy dit raaksien. Baie dankie.

Cilizia V
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Okt 2023

Gasvry en vriendelike dienste. Het ons baie vinnig gehelp met besprekings. Hulle is gasvry en die verblyf was uitstekend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Baie dankie vir 'n uitstekende verwysing. Ons is altyd gereed om gaste te verwelkom en dit was 'n plesier om die manne hier te hê. Milinda Green Door Noorder straat

Heilie J
1 nag Gesin met tieners
4.8
Des 2023

Goeie waarde vir geld en vriendelike diens. Kothuis was perfek vir ons en Milinda is baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan H
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Feb 2023

Ouwêreld sjarme Ons het dit baie geniet om in Green Door Guest Cottage te bly. Die kamers is baie netjies. Alles is baie skoon en gerieflik. Voldoende voorsorg is getref wat beurtkrag betref. Milinda is 'n uitstekende gasvrou en is baie behulpsaam. Mens voel ten alle tye veilig en privaat. Dit is baie spesiaal om soggens of saans op die stoep te sit en te kuier, asook om die netjiese tuin te waardeer. Ons sal definitief weer daar bespreek. Dit is goeie waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Eloise F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2022

Van die begin tot einde baie puik gewees! Die bespreking was maklik en vinnige terugvoering ontvang. Baie vriendelike ontvangs, cottage baie netjies en gerieflik met alles wat ons nodig gehad het en nog meer. Die warmkombers was 'n groot bederf en cottage baie privaat met lekker kuierarea. Ons sal beslis weer soontoe gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Eloise, jy het sommer my hart warm laat klop met jou goeie gradering en boodskap. Julle was ook wonderlike gaste om te ontvang. Daardie vriendelike tegemoedkomende tipe, wat altyd 'n plesier is vir 'n gastehuis eienaar. Dankie weereens.

Ralf S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Wat 'n plesier om hier te bly, skitterskoon, netjies, privaat alles wat jy nodig het. Wat 'n welkome ontvangs deur Robbie en Milinda dit alleen maak die besoek al die moeite werd, vriendelik en hulpvaardig. Baie mooi tuintjie wat vir 'n klein hond ook ideaal is. Daar is loadshedding-ligte wat aangaan met die krag wat uit is en maak dit soveel makliker binne-in die cottage, 1ste een vir ons. Ons gaan beslis weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Hi Ralph Ek en Robbie het jou hartlike resensie Baie waardeer. Na 18 jaar in die bedryf is dit sulke resensies en die Vriendelike gaste agter dit, wat dit die moeite werd maak. Baie dankie julle is altyd weer welkom Groete Milinda

Pieter M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2022

Goed toegerus. Privaat. Netjies. Vriendelike ontvangs. Die kothuis is goeie waarde vir geld. As 'n selfsor eenheid is dit goed toegerus. Ons is baie vriendelik ontvang en ons gasvrou het ons van inligting voorsien wat ons besoek aan die dorp baie lekker gemaak het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Hi Peter Baie dankie vir julle goeie resensie. Ek waardeer dit baie. Eendag as julle weer binneland toe kom, is julle weer welkom. Groete, Milinda.

Amanda L
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Mrt 2022

Kalm en huislik. Ons het baie lekker gekuier en gerus. Baie vriendelike ontvangs van gasheer en -vrou. Ons kan Green Door Guest Cottage beslis aanbeveel en sal graag weer daar kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Dit was so gaaf om julle te kon ontvang. Dankie vir 'n goeie gradering wat altyd waardeer word. Sien uit om julle weer te verwelkom.

Daryl L
1 nag Saam met vriende
4.6
Jul 2022

Friendly host - lovely touches with the choccies. Nice to have the a bar fridge. This is our second stay - same property, but different unit. The lady who runs this is lovely and made us feel very welcome. I love the quaintness and felt very safe. The room was cozy with a heater, TV and electric blanket. We really enjoyed the weekend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Hi Daryl It was lovely hosting you again. Thank you for your great review. You are very welcome again Kind Regards Milinda

Nico B
Kort verblyf
5.0
Aug 2021

Puik en gerieflik. Milinda was vriendelik en behulpsaam, die plekkie is netjies, skoon en het alles wat n mens nodig het. Ons verblyf was rerig baie lekker en ons sal weer terugkeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Milinda
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
Nico jy is sommer Baie dierbaar met die goeie sterre en review wat jy vir Green Door gegee het Waardeer jou in setting en gaste soos julle is altyd weer welkom Groete, Milinda

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Milinda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 64

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd9fa74ac7a0438155d6c8c4286758a12820f37fd6dec397ec41d22b33bfb69e0e037bd4fa190794bbca32604597e57ad455c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 74 Noorder Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.912828 27.456488

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang