Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Fountain Villa No.5

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.6
Riaan W
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.0
Des 2018

Gerieflik en rustig, naby mooi strande, maar klein lastighede. Gerieflike wooneenheid met genoeg spasie, volle DStv beskikbaar. Toegang tot netjiese swembad en genoeg speelruimte. Geen see-uitsig, maar vele strand en strandmeer opsies binne 5-15 minute se ry. Sekuriteit blyk aanvaarbaar te wees. Die eenheid word nie deur die oord bestuur nie, maar direk verhuur deur eienaars. Die vloere en beddegoed was mooi skoon. Persoonlike besittings van eienaars (insluitende toiletware) sigbaar, kombuisware nie volledig nie, los matte nogal vuil en die ingeboude braai stukkend en vetterig. Outomatiese wasmasjien was stukkend en klere na rook laat ruik. Brakwater so gebottelde/gesuiwerde water aankoop - nie aangedui op webwerf nie. Slotsom: gerieflike eenheid, rustige kindervriendelike omgewing met ongelooflike strande/strandmere in 'n 20 km radius. Met meer aandag op klein detail en algemene onderhoud kan hierdie vyf-ster-ondervinding wees.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Garth
Green Fountain Villa No.5
Hi Riaan Baie dankie vir die review. Ons is bly julle het die plekkie geniet. Ons sal onmiddelik aandag skenk aan die punte wat jy opgenoeg het. Die wasmasjien is alreeds vervang. Vir onder R3000 per day vir n baie ruim 3 slaapkamer Villa glo ek dat ons goeie waarde vir geld verskaf gedurende die Desember vakansie. Vriedelike groete Garth

Jaco S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Sep 2017

Baie ruim en netjies akkomodasie. Die verblyf was ruim, skoon en het alles wat jy nodig het, selfs vir 'n lang vakansie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Garth
Green Fountain Villa No.5
Dankie Jaco Ons is bly julle het dit geniet.

Sulezi M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2016

Our stay at Green Fountain was awesome. Everything there was in order, perfect in and out. Wish to return soon.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolande M
1 nag
4.6
Mrt 2016

Dit was fantasties om in so pragtige, netjiese huis te bly. Goeie waarde vir geld. Netjiese, skoon beddegoed en badkamers. Volledige toegeruste kombuis.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinda V
1 nag Gesin met tieners
5.0
Nov 2015

Dit was awesome! Ons het die rustigheid en stilte waardeer en die verblyfarea was baie goed toegerus en dis 'n skoon en pragtige plek. Ek sal enige van my vriende aanbeveel om daar te oornag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Garth Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R2 780
R2 780 R2 502
per nag, vir 8 mense
Vanaf R2 780
R2 780 R2 502
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eenheid 5, Green Fountain Farm Oord, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY1ZGEwYjU0LWYyNjgtNGU5MC1hNGU5LTk3YzA3M2RkMTFkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 780 nouVanaf R2 502 per nag, vir 8 mense 5 5 1 5 Unit 5 Green Fountain Farm Resort 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.556005223378 26.966958940029

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang