Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenfern Lodge en Chalets

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Greenfern Lodge and Chalets is op 'n plaas in die hartjie van 'n woud in Plettenbergbaai geleë en bied gerieflike en rustige verblyf aan vriende, familie of sakereisigers.

Die lodge is 'n dubbelverdiepinghuis van hout en klip wat oor 6 slaapkamers beskik en slaapplek aan 14 gaste bied. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 4 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word indien nodig, en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde, vierde, vyfde en sesde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die lodge het 'n gemeenskaplike kombuis en 'n oopplan-eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eetarea met 'n etenstafel vir 12 wat na die sitarea lei waar daar gemaklike rusbanke, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel is. Op die boonste verdieping is daar 'n groot leefarea en 'n dek met 'n uitsig oor die tuin en die swembad wat eksklusief vir die gebruik van die lodge se gaste is.

Buiten die lodge is daar ook 5 chalets met slaapplek vir 4 gaste elk. Elke chalet het 'n koningingrootte-bed, 'n slaapbank en 'n tussenverdieping met 'n ekstra matras. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Elke chalet het 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Daar is ook 'n bankie en braaigeriewe by elke chalet. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Gratis WiFi is in al die eenhede beskikbaar wanneer daar sein is.

Die verblyf is 8 km vanaf die hoofpad op 'n grondpad en 'n halfuur se ry vanaf Knysna en Plettenbergbaai. Daar is baie om te doen in die area, van fiets- en staproetes tot wynproe, vierwielmotorfietsry, Zipline en ongerepte strande.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.9
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Reese P
Gesin met tieners
5.0
Peace on earth. Awesome stay back to nature.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Japie D
Gesin met tieners
5.0
Die stilte, rustigheid van die omgewing en netjiese chalet by Greenfern Lodge and Chalets was ongelooflik. Verblyf was heerlik! Baie dankie vir jul ga...
Sien meer
Jan 2024
Quinton C
Gesin met tieners
5.0
Rustig en gemaklik. Ons gesin het lekker gebly by Greenfern Lodge. Die eienaars was vriendelik en baie behulpsaam. Die eenheid was netjies en het alle...
Sien meer
Jan 2024
Albert D
Saam met vriende
5.0
Clean, relaxed and comfortable. Absolutely a must to stay and visit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Wendy M
Gesin met tieners
4.8
Peace on earth. This was peace on earth away from the rat race. Hosts were very accommodating and facilities very good.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Annari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greenfern Lodge en Chalets het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greenfern Fisanthoek-weg, Plaas 39 Fisanthoek, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA768263a224c576e4b552f876ea7cea013aefd122d23f7606ec9437c86e9e496ed2b42af29366a1b905a79421a97369872d6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 Greenfern Fisanthoek Road Farm 39 Fisanthoek 6604 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.994916243923 23.229070007801

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang