Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenhill Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Plaas 230, 14 km vanaf Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Greenhill Farm is slegs 14 km vanaf Plettenbergbaai op 17 hektaar se golwende groen heuwels en natuurlike woud geleë. Dit spog met pragtige uitsigte oor die see en Robberg-skiereiland en is die ideale plek vir 'n gesinsvakansie of 'n wegbreek saam met vriende.

Die Herehuis is in 'n klassieke styl ontwerp en bied slaapplek aan 8 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, sowel as 'n gastetoilet. Die ruim hoofsuite het 'n koninggrootte-bed, 'n kaggel en 'n sitarea. Die en suite-badkamer het 'n stort, bad, dubbelwasbakeenheid en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad. Die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en maak van die derde badkamer met 'n bad en 'n stort gebruik. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die groot leefarea het 'n aparte kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n sentrale etenstafel. Gaste kan in die knus TV-kamer met 'n kaggel, gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket ontspan. 'n Formele sitarea, sowel as 'n formele eetkamer, is beskikbaar met oorgenoeg sitplek. Vir diegene wat van die huis af moet werk, is daar ook 'n kantoorspasie en WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n binnebraai-area met nog 'n kaggel en 'n pooltafel. Buite die huis is daar 'n groot stoep met buitemeubels, 'n swembad en sonstoele. Hiér kan gaste sonbaai en 'n skemerkelkie geniet.

Die Parklands Cottage het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede skaapkamer het 'n uitsig oor die tuin, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die sitarea het 'n kaggel en 'n uitsig oor die see. Die kombuis is met 'n gaskookplaat, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, menger, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus.

Die Kaaps-Hollandse Kothuis het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea met gemaklike sitplek. Die leefarea lei na 'n privaat tuin met 'n uitsig oor die pragtige hooftuin.

Gaste het toegang tot die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die stoep het 'n ingeboude braai en 'n kuierarea met 'n uitsig oor die see en natuur. Die eenheid het ook 'n privaat ingang en parkeerplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Beverly Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • N2, Plaas 230, 14 km vanaf Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 7 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2, Plaas 230, 14 km vanaf Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2cf706f8aa0f5d325d5f98b76c928dfd1849571e30f678b7ef74dc326e2646fd8e0f925c9a4862388e8a4594820d6a4b8eef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8) N2 Farm 230 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.989406598853 23.431901327428

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang