Greenodd Guesthouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malanstraat 2, Riveria, Pretoria, 0084, Gauteng
- Vanaf R720 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Greenodd Guesthouse is in die voorstad Riviera, in die hartjie van Pretoria, geleë. Die pragtige grasdakkothuis bied die opsie van B&B of selfsorgverblyf. Die gastehuis bied gehalteverblyf, ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.
Daar is 3 ruim slaapkamers om van te kies. Die eerste slaapkamer is op die grondvloer geleë en beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die 2 slaapkamers op die eerste verdieping is presies dieselfde en beskik oor 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort in elk. Al die slaapkamers is toegerus met 'n TV en 'n kompakte DStv-pakket.
Die instansie bied 'n gemeenskaplike kombuis en leefarea. Die eiendom het veilige parkeerplek vir gaste se voertuie asook gewapende reaksie sekuriteit.
Die eenheid is stapafstand vanaf die Uniegebou, Kerkplein en Paul Krugerhuis, en net 5 minute se ry vanaf restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Anna-Sofe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Malanstraat 2, Riveria, Pretoria, 0084, Gauteng
- Gaste dink Greenodd Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riviera Pretoria SSB Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malanstraat 2, Riveria, Pretoria, 0084, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang